07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kat en hond

Saterdag 27 Maart 2021

Kat en hond 27 Maart 2021

Alle goeie dinge kom tot ‘n einde, en dis ook die geval met Kat en Hond. Na agt maande se heerlike saamkuier groet Lizma van Zyl met hoogtepunte van die reeks. Kenners deel vir oulaas hulle wyshede oor troeteldierversorging,  en ‘n paar van die bekendes met wie Lizma gesels het, vertel van hulle lief en leed en passies met hulle troeteldiere.

Saterdag 20 Maart 2021

Kat en hond 20 Maart 2021

In die voorlaaste program van die reeks kyk ons na al die belangrikste aspekte van troeteldierversorging. Lizma van Zyl gesels met veearts dr. Hector Dreyer, wat verduidelik hoekom die regte kos, genoeg oefening en aandag so belangrik is. Hy gee ook wenke oor hoe om gesondheidsprobleme op te tel.

Saterdag 13 Maart 2021

Kat en hond 13 Maart 2021

Ons honde en katte kommunikeer heeltyd met ons, maar tog is daar ‘n groot gebrek aan begrip wannneer dit by ons vierbeenkinders se lyftaal kom. Lizma van Zyl gesels met gedragskenner Madre Henderson wat die sluier lig oor katte en honde se geheime taal. Madre se wenke sal help om jou band met jou troeteldiere te versterk, en sal jou ook bedag maak op gesondheid- en ander probleme.

Saterdag 6 Maart 2021

Kat en hond 6 Maart 2021

Lizma van Zyl kuier in Khayelitsha om meer uit te vind oor ‘n reuse sterilisasieveldtog, en vat dan die pad Keurboomstrand toe. Hier gaan kuier sy by twee mense wat na aan die aarde en ook aan hulle diere leef, Elbie Steyl en Izak Botha.

Saterdag 27 Februarie 2021

Kat en hond 27 Februarie 2021

Om ‘n veearts te wees, is nie aldag maklik nie. Lizma van Zyl kuier by dr. Morné de Wet om te hoor wat die uitdagings en vreugdes van sy beroep is.  Hy vertel onder meer van die harde bene wat hy aanvanklik moes kou weens die feit dat hy allergies is vir diere. Morné gee ook raad aan jongmense wat graag in dié rigting wil studeer.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: