15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Geloof wat grondvat

Sondag 23 Mei 2021

Geloof wat grondvat 23 Mei 2021

In die godsdienstige wêreld word die woord “geloof” baie gebruik. Maar wat word daarmee bedoel, en het geloof gegroei of getaan tydens die Covid-tydperk? Daarby lyk dit of die Bybel sê dat ons soos kinders moet glo. Wat beteken dit?

Sondag 16 Mei 2021

Geloof wat grondvat 16 Mei 2021

Die Latynse spreekwoord sê: Ora et Labora. Dit beteken Bid en werk.  Wetenskaplikes werk aan ‘n doeltreffende entstof teen die coronavirus, en Christene bid dat God hulle moet beskerm daarteen. Wat is die verhouding tussen geloof en wetenskap in hierdie tyd?

Sondag 9 Mei 2021

Geloof wat grondvat 9 Mei 2021

Met die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd ‘n bedreiging is, het baie mense hulle inkomste verloor en word gemeenskappe verarm. Dit beïnvloed ook die kerke wat van mense se finansies afhanklik is. Is die ou manier van kerkhou steeds relevant om mense met die Bybelboodskap te bereik, of het dit tyd geword om aan nuwe bedieningsmodelle te dink om te bly voortbestaan?

Sondag 2 Mei 2021

Geloof wat grondvat 2 Mei 2021

Iemand sê nou die dag: “Die pandemie mors met ‘n mens se gemoed. Dit voel nie vir my of ek iets doen wat die moeite werd is nie.  Ek het alles verloor: my werk, my geld, my huis … die coronavirus het my werk oorgeneem.” Hoe gemaak wanneer so-iets op jou pad kom? Hoe nou vorentoe?

Sondag 25 April 2021

Geloof wat grondvat 25 April 2021

Daar is mense wat in die pandemietydperk meen dat al die inperkings hulle van hulle persoonlike vryheid beroof om self oor dinge te besluit. Ander meen dat hulle Gereformeerde agtergrond vereis dat hulle nie sommer enige voorskrifte aanvaar nie. Reg of verkeerd?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: