13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Nou op die lug: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Volgende: 15:00 - 15:05

Nuus

15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Atlantis verlore, gevind

Donderdag 29 Maart 2018

Atlantis verlore, gevind 29 Maart 2018

Die vermeende moordenaar van ‘n familielid beland in die noodgevalle-eenheid waar jy as verpleegster werksaam is. Spring jy in, of staan jy terug? Dit was nie ‘n oorweging vir Olivia Pharo nie. As verpleegstervby die Wesfleur Hospitaal in Atlantis gee sy die beste mediese sorg vir ieder en elk wat in hulle mees weerlose toestand vir hulp aanklop. In die laaste aflewering van die reeks, vertel Olivia van haar passie om mense te versorg en as mentor vir ander verpleegpersoneel op te tree.

Donderdag 22 Maart 2018

Atlantis verlore, gevind 22 Maart 2018

Mary-Ann Cedras kies om in haar gemeenskap te bly en te werk, ten spyte daarvan dat sy met haar ervaring en kwalifikasies ‘n top korporatiewe pos kan losslaan. Sy vertel van haar finansiële bestuursontwikkelling en hoekom sy ‘n passie het vir haar werk by die Orion-organisasie vir gestremdes.

Donderdag 15 Maart 2018

Atlantis verlore, gevind 15 Maart 2018

Lenie Maya se ervaring van verwerping as kind, het gelei tot haar empatie vir mense met MIV/VIGS wat deur die samelewing verwerp word. Sy vertel hoe sy menswaardigheid wil gee aan MIV/VIGS-lyers.

Donderdag 8 Maart 2018

Atlantis verlore, gevind 8 Maart 2018

Dankie is betaling genoeg vir die bekende gemeenskapswerker in Atlantis, Chrissie Cloete. Sy vertel hoe sy die sogenaamde skollies se vertroue wen, en hulle oorreed om hulle lewe om te keer.

Donderdag 1 Maart 2018

Atlantis verlore, gevind 1 Maart 2018

Sy staan bekend as die groenvingers van Atlantis. Mary Tenggren het in weerwil van ‘n fabrieksongeluk, voortgegaan om die vreugde van die natuur met haar gemeenskap te deel. Dié blommekind se groenvingers loop sterk in die bloed.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: