23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Die geheime van die brein

Maandag 24 Junie 2019

Die geheime van die brein – Episode 25

In hierdie episode gesels Johan van Lill met prof Ignatius Gous oor wat gebeur in die brein dat sekere dinge vir ons is mooi is of nie? Watter effek het die kunste op ons as mense? Watter rol speel die kunste in die ontwikkeling van ons breine.

Maandag 17 Junie 2019

Die geheime van die brein – Episode 24

Johan van Lill praat met prof Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur as jy angstig of dapper is. Hoekom reageer mense verskillend in stresvolle situasies? Hoe kan jy jou brein voorberei om die beste te reageer in ‘n noodsituasie?

Maandag 10 Junie 2019

Die geheime van die brein – Episode 23

Johan van Lill gesels met prof Ignatius Gous oor wat jy kan doen om jou brein te help om alledaagse uitdagings te oorkom en ons kyk ook krities na Maslow se hiërargie van behoeftes. Waar pas dit in by neurowetenskap en het Maslow self hierdie driehoek opgestel?

Maandag 3 Junie 2019

Die geheime van die brein – Episode 22

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur dat ons baie keer so maklik meegevoer raak en vir sekere soorte bemarking en advertensies val, en sommer net blindelings aan die koop gaan!

Maandag 27 Mei 2019

Die geheime van die brein – Episode 21

Johan van Lill praat met prof Ignatius Gous oor hoe jy jou brein kan verbeter? Is daar pille wat ’n mens kan drink om jou slimmer te maak, en werk dit?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: