12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Die geheime van die brein

Maandag 20 Mei 2019

Die geheime van die brein – Episode 20

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor prestasie en sukses. Hoekom is party mense meer suksesvol as ander of presteer soveel beter? Is Mozart met ’n simfonie of twee in sy kop gebore? Selfs binne dieselfde gesin het jy soms jou uitskieters en dan weer ander wat net nooit uit die briekblokke kom nie.

Maandag 13 Mei 2019

Die geheime van die brein – Episode 19

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor neuromites. Van hierdie mites het al so wortel geskied dat mense dit al as vanselfsprekend aanvaar as die absolute waarheid, terwyl ander soms halfpad waar is, maar nie ten volle nie. Mans het in die algemeen groter en swaarder breine as vroue - maak dit dat mans slimmer is? Is jy ’n regterbrein- of linkerbreinmens?

Maandag 6 Mei 2019

Die geheime van die brein – Epsiode 18

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor watter prosesse die brein volg om besluite te neem, en wat alles ’n impak het op hoe jy ’n besluit neem. Dis verkiesingsweek en hierdie week moet alle Suid-Afrikaanse kiesers ’n belangrike besluit neem – hoe gaan jou brein te werk om dit te doen?

Maandag 29 April 2019

Die geheime van die brein – Episode 17

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor wat in die brein gebeur wanneer jy ouer word. Hoe hou jy jou brein gesond en aktief? Is dit goed of sleg vir die brein om meer as een taal te kan praat?

Maandag 22 April 2019

Die geheime van die brein – Episode 16

Wat gebeur in die brein wanneer jy droom? Wat is nagmerries? Hoekom is dit nodig om ’n nagboek te hou?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: