23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Woensdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Die geheime van die brein

Maandag 4 Februarie 2019

Die geheime van die brein – Episode 5

Hoekom is dit belangrik dat ons breine in omgewings moet funksioneer waar ons met veiligheid foute kan maak? Is onthou en geheue dieselfde ding? Bestaan daar iets soos perfeksionisme? Is hoe jy gebeure onthou, altyd ’n werklike weergawe van wat gebeur het, of is mense se geheue feilbaar? Hoekom slaan mense baie keer toe in ’n eksamen?

Maandag 28 Januarie 2019

Die geheime van die brein – Episode 4

Soos wat die kinderbrein ouer word, leer dit meer en meer uit die omgewing waarin dit ervarings het, en by die mense in dit. Leer begin met ‘n doelwit, maar dit volg ook sekere patrone en konvensies. Vir kinders is dit belangrik dat die fondasie vir leer reg gelê word, en vir ouer mense is dit belangrik dat hulle oor hulle leer sal nadink. Waar pas dagdrome hierby in, en hoekom is dit goed vir jou brein?

Maandag 21 Januarie 2019

Die geheime van die brein – Episode 3

Na geboorte verander die wêreld van die baba dramaties, en moet die brein hierby aanpas. Watter rol speel verbindings in die brein, en hoe word hierdie verbindings gevorm? Ontwikkel seuntjies en dogtertjies verskillend? Wat is nodig dat die bababrein ten volle ontwikkel?

Maandag 14 Januarie 2019

Die geheime van die brein – Episode 2

Soveel van die menslike brein ontwikkel reeds in die baarmoeder. Fetusse kan voel, ruik, proe, sien en hoor baie gouer as wat die meeste mense vermoed. Moet ek vir my ongebore baba musiek speel? Kan ek al in die baarmoeder vir my ongebore baba leer spel? Watter bydrae lewer die pa se sperms tot die kind se ontwikkeling? Dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, en Carla van der Merwe, 'n arbeidsterapeut, vertel van die jongste navorsing.

Maandag 7 Januarie 2019

Die geheime van die brein – Episode 1

Die mens se brein is ’n misterie waarvan die geheime eers redelik onlangs regtig deur wetenskaplikes en neuroloë begin ontsyfer is. Is alle breine dieselfde en kan breine oor tyd verander? Is daar iets soos linker- of regterbreinmense?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: