17:45 - 18:00

Brandpunt

Nou op die lug: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Volgende: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

19:00 - 19:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

ChatGPT kan nou Excel-spreiblaaie ontleed

29 Januarie 2024

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur van die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die Londense Sakeskool gesels oor ChatGPT se Excel-spreiblaaie. Volg RSG Geldsake op Twitter


Skrywers en boeke 14 Februarie 2024

14 Februarie 2024

Kristel Loots, gewilde skrywer van verhoudingsromans, gesels met Ilse Salzwedel oor die liefde, en of moderne vroue steeds oor romantiese liefde wil lees. Elna van der Merwe gesels oor die Stilbaai-boekefees wat van 23 tot 25 Februarie gehou word. Johan Myburg gesels oor die wenners van die Neropryse, ‘n Japanese roman wat gedeeltelik met die hulp van ChatGPT geskryf is, en vier nuwe Engelse vertalings van die romans van Olga Tokarczuk. En het jy geweet die 14e Februarie word in 44 lande gevier as International Day of Book Giving?


Tegnologie met Blaine 18 Julie 2023

18 Julie 2023

Die toenemende gewildheid van ChatGPT in die tegnologie-omgewing het die vraag na werknemers met ‘n begrip vir die ewige snelveranderende tegnologiesektor verhoog. Aanpasbaarheid is van uiterste belang. Blaine Jones praat hieroor met Heath Huxtable, die bestuurshoof van Braintree.


Tegnologie met Blaine 22 Junie 2023

22 Junie 2023

Die kletsbot, ChatGPT, bestuur jou aandele beter as ‘n fondsbestuurder. Dis een van die dinge wat Blaine Jones uitgevind het toe hy met Werner Wippenaar van Netwerk24 gesels het.


Ons en die onderwys 28 Mei 2023

28 Mei 2023

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, ‘n vakspesialis vire wetenskap en robotika by die Skole-ondersteuningsentrum, oor kunsmatige intelligensie en spesifiek ChatGPT se impak op onderwys.


Rand en sent 14 Mei 2023

14 Mei 2023

Ekonoom Hassan Essop praat oor die implikasies daarvan om R19 vir ‘n Amerikaanse dollar te betaal. Tegnologiekenner Pieter Gelkdenhuys gee raad aan sakeondernemings oor hoe om CHATGPT te gebruik om meer doeltreffend te wees.


Kan kunsmatige intelligensie ‘n goeie filosoof wees?

23 Februarie 2023

In ons weeklikse filosofiegesprek met prof. Pieter Duvenage van Akademia kom kunsmatige intelligensie onder die loep. Ons bespreek die rekenaartoepassing, ChatGPT. en hoor of die blikbrein ‘n goeie filosoof sal kan wees.


Ons en die onderwys 19 Februarie 2023

19 Februarie 2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch oor die kommer oor ‘n tekort aan onderwysers, voorskoolse onderwys, die verkiesing van die beheerliggame, en die invloed wwat ChatGPT op toetse en eksamens kan hê. 


Tegnologie met Blaine 11 Februarie 2023

11 Februarie 2023

Wat beplan Google met Bard, hulle mededinger vir ChatGPT? Johan Kruger van Afriforum praat oor die ontplooiing van modulêre kernreaktors in Suid-Afrikaanse gemeenskappe as ‘n oplossing vir die land se voortslepende energieprobleme. Jaco Minnaar van Agri SA gesels oor tegnologie in veeboerdery.


Tegnologie met Blaine 21 Januarie 2023

21 Januarie 2023

Youtuber Adrian Twarog gesels oor die nuwe kletsbotk, ChatGPT. Johan Abrie van Secure Me SA vertel van ‘n platform wat jou veilig kan hou in tye van nood, deur ‘n druk van ‘n knoppie.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: