23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Elize Cawood (28 Junie 1952 – 18 Julie 2020)

21 Julie 2020

Aktrise Elize Cawood sterf op die ouderdom van 68 aan longkanker. Christelle Webb-Joubert saai ‘n onderhoud uit 2015 uit met haar en haar man Wilson Dunster. Hulle gesels oor hoe hulle ontmoet het, hulle kinders en die bedryf.

Elize Cawood en Wilson Dunster

13 Oktober 2015

Elize Cawood en Wilson Dunster

DOLLER AS KOPAF deur William Oosthuizen

31 Desember 2020

Freek is verveeld in die tehuis waar hy woon, en besluit om vir hom ‘n “speelding” te bestel, al twyfel sy vriende Dawid en Hardus oor dié waagstuk. Dit maak veral vir die kuise Mara die josie in en sy en die ander vroue probeer hulle bes om die stukkie tegnologie te saboteer. Terwyl hulle reken Freek is besig om kêns te word, beraam hy ‘n plan wat Mara heeltemal onkant betrap. ‘n Vrolike, vermaaklike drama propvol kinkels. Die sterbelaaide rolverdeling in hierdie argiefdrama bestaan uit Louis van Niekerk, Tobie Cronjé, Paul Lückhoff, Rina Nienaber, Ria Smit, wyle Elize Cawood, Rika Sennett en Heidi Mollentze.

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius

25 Julie 2020

Mavis Kellerman is ‘n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van ‘n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is ‘n eksentrieke oujongkêrel met ‘n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van ‘n vryery in haar herfsjare. Hierdie is ‘n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels aangebied word. Die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster speel die hoofrolle.

KRAG deur Lee Doubell

2 Julie 2020

Dit is 2020. Suid-Afrika is vir die derde keer in grendelstatus, en die landsburgers is siek en sat vir die virus en die rigiede regulasies. Hester is ‘n noodlynoperateur wat sedert die begin van die derde inperkingstyd besonder hard werk. Tussendeur al die oproepe waaraan sy gewoond is, kom daar een laatmiddag ‘n oproep deur van ‘n bejaarde vrou wat ‘n noodgeval beleef. Sy’t probleme met haar krag, en Hester moet uiteindelik protokol laat vaar om die tannie te help… Die rolle word vertolk deur Karen Wessels, David Louw, Johny Klein, Elize Cawood, Mari Molefe van Heerden en Botha Enslin.

Die woordketting 1

15 April 2020

In die plek van vanaand se normale Skrywers en Boeke saai ons DIE WOORDKETTING uit wat tydens die 2014 RSG Kunstefees uitgesaai is. Ilse Salzwedel doen die woordketting met die digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Bezuidenhout. Elize Cawood is die spesiale gas.

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius

26 Maart 2020

Mavis Kellerman is ‘n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van ‘n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is ‘n eksentrieke oujongkêrel met ‘n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van ‘n vryery in haar herfsjare. Hierdie is ‘n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels aangebied word. Die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster speel die hoofrolle.

KLIPPEKLOOF deur Cecilia du Toit

12 Junie 2014

Marius Venter moet die klipformasies in die omgewing van die plaas Klippekloof ondersoek. Petrus en Kotie Versteen is baie gasvry en hy voel dadelik tuis… totdat hy in die nag wakker word van ‘n perd wat runnik, gevolg deur ‘n geweldige slag. By nadere ondersoek vind hy egter absoluut niks nie…Hierdie drama met Richard van der Westhuizen, Heidi Mollentze, Lochner de Kock, Elize Cawood en Anton Dekker is nie vir sissies nie. Sorg maar dat jy nie alleen daarna luister nie…

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis

29 Mei 2014

Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in ‘n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van ‘n skuif na ‘n ander vleuel, ‘n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om ‘n ou wrok teenoor Hanna aan te spreek. Die rol van Maluna word vertolk deur Amanda Strydom en Elsabe Zietsman is Hanna. Ander spelers is Elize Cawood, Elma Postma, Karen Wessels, Marina Coetzee en Melt Sieberhagen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: