Volgende: 14:45 - 15:00
Middagvervolgverhaal
15:00 - 15:05
Nuus
Groeipyne 23 Junie 2022
23 Junie 2022
Geld laat die wereld draai; geld wat krom is, maak reg wat stom is. Daar is ‘n menigte idiome en gesegdes oor geld, en as volwassenes verstaan ons die rol wat geld in ons alledaagse lewe speel. Dis ook ons plig om ons kinders toe te rus met die nodige vaardighede om hulle te help om hulle geldsake suksesvol te bestuur. Anthea Fredericks praat hieroor met Nico van Gijsen, ‘n gesertifiseerde finansiële beplanner.
Groeipyne 16 Junie 2022
16 Junie 2022
Anthea Fredricks plaas die fokus op kinders se dieet en gesonde eetgewoontes. Ronel Beukes van die Departement Menslike Voeding aan die Universiteit Stellenbosch gee wenke aan swanger vroue om te verseker dat hulle ongebore babas die regte voeding kry. Daar word ook gesels oor kleuters en peuters se kieskeurige kossmake.
Groeipyne 9 Junie 2022
9 Junie 2022
Dis bloktyd! Die land se leerders is midde in eksamens. Dit beteken dat stresvlakke hoog kan loop in baie huishoudings. Ons kyk na maniere om kinders se stresvlakke te verlig, en fokus op die ondersteuningsrol wat ouers en versorgers kan speel. Celeste Labuschagne, ‘n onderwys-spesialis by die Skole Ondersteuningsentrum, deel waardevolle wenke.
Groeipyne 2 Junie 2022
2 Junie 2022
Vir baie jare was seks en seksualiteit taboe onderwerpe in vele Suid-Afrikaanse huishoudings. Dis mos immers iets baie privaat. Ouers blyk steeds sku en ongemaklik om die onderwerp aan te roer. Maar dis tog sekerlik by die huis waar seksopvoeding moet begin? Anthea Fredericks het dr. Elmari Craig, ‘n internasionaal gesertifiseerde seksuoloog en verhoudingsterapeut, genader om die vrae te beantwoord.
Groeipyne 26 Mei 2022
26 Mei 2022
‘n Groot aantal kinders sukkel met Wiskunde. Vir baie leerders is dit ‘n gevreesde vak, hoewel dit ‘n belangrike komponent van die kurrikulum is. Sommige kinders gee eenvoudig tou op. Anthea Fredericks praat met Kurt Minnaar, ‘n voormalige Wiskunde-onderwyser en deesdae vakadviseur vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor maniere om ‘n hernieude belangstelling in Wiskunde te prikkel.
Groeipyne 19 Mei 2022
19 Mei 2022
Hoe leesfiks is ons kinders? Anthea Fredericks praat met Nelmari Kemp van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans oor die belangrikheid van lees, en hoe dit al die fassette van kinders se lewe raak.
Groeipyne 12 Mei 2022
12 Mei 2022
Anthea Fredericks praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor skoolgeweld.
Groeipyne 5 Mei 2022
5 Mei 2022
Wat is troeteldiere se rol in ‘n gesin. Wanneer is die regte tyd om ‘n troeteldier aan te skaf? Watter implikasies en voordele hou dit vir kinders en die gesin in? Staatsveearts dr. Annelie Cloete beantwoord al die vrae.
Groeipyne 28 April 2022
28 April 2022
Wanneer ons aan gesinne dink is die prentjie dikwels dié van ‘n pa en ma en minstens twee sibbe. Maar wat as daar net een kind is? Behoort enkelkinders anders grootgemaak te word? Sielkundige Fiona Diman-Olivier beantwoord hierdie en ander vrae.
Groeipyne 21 April 2022
21 April 2022
Watter impak het die dra van gesigmaskers tydens die Covid-19-pandemie op kinders se luistervaardighede gehad? Anthea Fredericks praat hieroor met spraakterapeut Jacolien Britz.
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
-
WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief