23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Groeipyne 19 Oktober 2023

19 Oktober 2023

Ons fokus ons op die LSD-benadering vir voorskoolse kinders: Liefde, Sekuriteit, Dissipline. Dr. Elsabe Wessels verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedkunde verduidelik wat dit behels.


Groeipyne 12 Oktober 2023

12 Oktober 2023

Sommige kinders met sensoriese integrasiedisfunksie het ‘n afkeer aan sekere soorte kos, wat kan lei tot ‘n beperkte maaltydplan. Dieetkundige Christa Dunn het raad.


Groeipyne 5 Oktober 2023

5 Oktober 2023

Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank deel haar gesin se reis met disleksie, en gee raad oor hoe om dit te hanteer.


Groeipyne 28 September 2023

28 September 2023

Spraakterapeut en skrywer Christien Neser praat oor voordele wat moedertaal en moedertaalonderrig vir kinders inhou.


Groeipyne 21 September 2023

21 September 2023

Ons fokus op die Noordwes-Universiteit se Vroeë Kinderopvoeding Leerfees. Dis ‘n Inisiatief om betrokkenheid, kennisontginning en sosiale relevante leer vir almal in die veld te bevorder. Dr. Andri Schoonen van NWU se Fakulteit Opvoedkunde het al die inligting.


Groeipyne 14 September 2023

14 September 2023

Ons fokus op kleuterskool-gereedheid. Wat is die ideale ouderdom om jou kind kleuterskool toe te stuur? Hoe berei jy hom en jouself voor vir dié groot stap? Marietjie Havenga, ‘n kleuterskoolhoof van Pretoria, gee raad en deel waardevolle wenke.


Groeipyne 7 September 2023

7 September 2023

Wat is sensoriese integrasie met betrekking tot voorskoolse kinders? Wat word bedoel met sensoriese integrasiedisfunksie? Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank beantwoord ons vrae.


Groeipyne 31 Augustus 2023

31 Augustus 2023

Daar is al baie gesê oor die belangrike rol van taal-en leesvaardighede as belangrike boustene vir kinders se ontwikkeling. So ook wiskunde. Ons fokus op die ontwikkeling van wiskundige vaardighede by peuters en kleuters, met remediërende terapeut en skrywer, Reinette Lombard.


Groeipyne 24 Augustus 2023

24 Augustus 2023

Kinderkinetikus Karyna le Roux vertel van speletjies en buitemuurse aktiwiteite om peuters en kleuters weer aktief te kry ná die winter.


Groeipyne 17 Augustus 2023

17 Augustus 2023

Daar is baie ouers van voorskoolse kinders wat nou hulle opsies opweeg oor kleuterskole vir aanstaande jaar, en wat die beste is vir hulle kinders. Of dalk is jy ‘n tuisbly ma of pa? Vroeëkinderontwikkelingspesialis Yolandi van den Heever deel haar kennis hieroor.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: