22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

Nou op die lug: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

Jacques Arendt

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Jacques Arendt

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Ons en die onderwys 21 April 2024

21 April 2024

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor oksitosien en sosiale leer. Hierdie hormoon versterk nie net ons emosionele bande nie, maar speel ook ‘n kritiese rol in sosiale leerprosesse. Oksitosien kan ook positiewe sosiale gedrag in die klaskamer bevorder.


Ons en die onderwys 14 April 2024

14 April 2024

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 7 en 8, en hoe ouers, leerders en onderwysers die oorgang op die beste moontlike manier kan hanteer.


Ons en die onderwys 7 April 2024

7 April 2024

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor onderwyssake waarvan ons moet kennis neem, soos die nuutverkose beheerliggame, sport- en kultuuraktiwiteite in die tweede kwartaal, en die Bela-wetgewing.


Ons en die onderwys 31 Maart 2024

31 Maart 2024

Johan van Lill praat prof Ignatius Gous oor meertaligheid en moedertaalonderwys. Hoe moet ons hieroor dink binne die konteks van Suid-Afrika?


Ons en die onderwys 24 Maart 2024

24 Maart 2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die geestesgesonheidsprobleme wat in skole voorkom, en hoe onderwysers dit kan hanteer. Hoe ondersteun ek die algemene welstand van my leerders?


Ons en die onderwys 17 Maart 2024

17 Maart 2024

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, die bestuurshoof van FEDSAS, oor die opleidingsgeleenthede wat beskikbaar is vir die nuutverkose skoolbeheerliggaamslede. Vanjaar is baie van hierdie geleenthede aanlyn beskikbaar, wat dit makliker maak vir lede om hulle opleiding te ontvang.


Ons en die onderwys 10 Maart 2024

10 Maart 2024

Johan van Lill praat met prof. Dap Louw, ‘n kliniese sielkundige met doktorsgrade in sowel sielkunde as kriminologie, oor die belangrikheid van opleiding vir onderwysers in kindersielkunde.


Ons en die onderwys 3 Maart 2024

3 Maart 2024

Johan van Lill praat met Juane van der Merwe en Constanze van der Walt oor die praktiese aspekte van die beheerliggaamsverkiesings wat tans in skole aan die gang is. Constanze gee praktiese wenke om die verkiesings glad te laat verloop.


Ons en die onderwys 25 Februarie 2024

25 Februarie 2024

Johan van Lill praat met Riaan van den Bergh, adjunk-bestuurshoof van Fedsas, oor kunsmatige intelligensie in die onderwys. Hy het met baie skole, onderwysers en leerders hieroor gepraat. Hy praat ook oor internasionale navosingsresultate wat beskikbaar is ná een jaar van die gebruik daarvan deur skole, ouers en leerders.


Ons en die onderwys 18 Februarie 2024

18 Februarie 2024

Johan van Lill praat met dr. Hendrik Theys, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, en dr. Mvula Yoyo, direksielid van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, oor die belangrikheid van moedertaalonderwys. Wêreld Moedertaaldag word op 21 Februarie gevier.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: