23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Woensdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

RSG se radiodramaskryfkompetisie 2023 – Deel 1

4 Julie 2023

Estel de Beer, RSG se senior regisseur: mandaat, vertel van vanjaar se radiodramaskryfkompetisie.


RSG se radiodramaskryfkompetisie 2023 – Deel 2

Die wenner van RSG se radiodramaskryfkompetisie in 1997, Willem Fransman, vertel van sy ondervinding.


Potgooie van RSG-radiodramas

7 April 2020

Kobus Burger vertel van RSG se radiodramas wat beskikbaar is as potgooie.


Radiodramaslypskool

9 Mei 2013

Kobus Burger leer jou hoe om ‘n radiodrama te skryf.


VERRAAD deur Anneli du Preez

11 April 2024

Jaco en Phillip, ʼn getroude paartjie, kom voor ‘n uitdaging te staan wanneer een van die partye erken hulle voel nie meer dieselfde nie. Soos wat die middag verloop en die twee koppe stamp en mekaar konfronteer, leer ons die karakters beter ken. Altwee het geheime wat hullr ronddra en ontknoop. Die een se geheim het dalk goeie bedoelings, en die ander een s’n saai verwoesting. Die rolverdeling is is Philru van Achterberg, Botha Enslin, Christo Campion en Mandi Baard. VERRAAD het die tweede plek behaal in die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.


TWEEGESIG deur Lena Nel

4 April 2024

‘n Mens moet nooit te maklik vertrou nie. As dit blyk te goed om waar te wees, is dit gewoonlik so. Sake neem ‘n dramatiese wending wanneer Alexander Brink gewond word, en in die hospitaal wakker word. Skielik staan die pragtige Hanri van Wyk staan langs sy bed. Sy beweer dat hulle verloof is. Dis maar net die begin van die oëverblindery… Met Karen Wessels, Charlie Bouguenon, Antowan Nothling, Shemane Harris, Solomon Cupido, Ria Smit en Eddie de Jager. Tweegesig is die wenner van die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met de ATKV.


Kuns met kontant 24 Januarie 2024

24 Januarie 2024

Hy is baie geliefd onder RSG se luisteraars, en ‘n bekende stem in RSG se radiodramas. Aanbieder en regisseur Denver Vraagom en sy vrou. Ingrid Paulus, het onlangs Gauteng vir die Kaap verruil nadat hulle as egpaar in die akteursbedryf ‘n dubbele terugslag beleef het met 7de Laan wat ná 23 jaar tot ‘n einde gekom het. Ingrid het die rol van Vanessa, en Denver die rol van Sheldon, vertolk. In hierdie openhartige gesprek deel Denver intieme stories oor watter finansiële uitdagings die akteursbedryf vir ‘n huishouding stel, maar ook watter finansiële uitdagings daar binne die huis is wanneer die drankduiwel aan die huis se voordeur klop. Luister na hierdie inspirende storie oor hoe Denver Vraagom uitdagings in sy lewe, soos arm grootword, drankmisbruik en ‘n dogter met outisme, hanteer het.


Deon Lotz was ‘n hotelier

7 Desember 2023

Hy het al soveel keer bekroon, die lys is te lank om op te noem. Boonop het hy al in ‘n hele paar internasionale rolprente en reekse gespeel. Hy het ook al in talle radiodramas en vervolgverhale gespeel. Maar min mense weet hy het lank in die gasvryheidsbedryf gewerk… Ons praat natuurlik van Deon Lotz en hy is hier by ons in die ateljee.


HENDRIK SE HISTEREKTOMIE deur Ilné Fourie

19 Oktober 2023

[Wenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Dr. Marais is ’n veearts op ’n klein dorpie wat ’n tydelike ontvangsdame, Marietjie, in diens geneem het. Haar eerste dag verloop, om die minste te sê, minder geslaagd. Koos se hond, Buffel, het sy nuwe bakkie se sleutels ingesluk, en Dorette se hamster het oornag agt kleintjies gekry. Dit, terwyl dr. Marais ’n besige dag in die teater het en nie kans het om aandag aan enige diere, behalwe noodgevalle, te gee nie. Marietjie gebruik haar inisiatief, maar slaag slegs daarin om die veearts, Koos én Dorette lelik om te krap! Die spelers is Richard van der Westhuizen, Marissa Claasen, Anrich Herbst en Nicole Holm.


Joey van Niekerk 1938 – 2023

12 September 2023

‘n Geliefde skrywer van radiodramas vir RSG, Joey van Niekerk, is oorlede. Kobus Burger, RSG se programbestuurder, bring hulde aan haar.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: