07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Gesondheid

Met Marí Hudson

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en boeke 13 September 2023

13 September 2023

Pieter Stoffberg is die skrywer van TENK, RSG se nuwe laataandboekvoorlesing. Hy vertel van die storie agter hierdie oorlogsroman. Ilse Salzwedel bring hulde aan Gerrit Olivier, bekende musikus, akademikus en skrywer met ‘n argiefgesprek oor sy bundel biografiese sketse KERSFEES OP WONDERFONTEIN. Johan Myburg vertel meer oor Edith Grossman, bekende Amerikaanse vertaler van o.a. LOVE IN THE TIME OF CHOLERA, die kortlys vir die bekende Kirkus-letterkundeprys en Sarah Holland-Batt, ‘n digter van Australië, wat pas ‘n tweede prys ontvang het vir haar derde digbundel, THE JAGUAR.


Skrywers en boeke 6 September 2023

6 September 2023

Ilse Salzwedel gesels met Eunice Visser, skrywer van DIE KAAPSE SLAWE: 1652-1838, wat pas deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met die LW Hiemstraprys bekroon is. Rudie van Rensburg gesels oor sy nuwe Kassie Kasselman-roman, DWELM, en die rolprentweergawe van HANS STEEK DIE RUBICON oor. Johan Myburg stel ons voor aan die Roemeens-Duitse skrywer en digter Herta Müller en die Maleisiese skrywer Tan Twang Eng. Hy vertel meer oor nuwe boeke wat vandeesmaand oorsee verskyn.


Skrywers en boeke 30 Augustus 2023

30 Augustus 2023

Ilse Salzwedel gesels met Eben Venter oor sy jongste boek, DECIMA, waarin ‘n swartrenosterkoei een van die hoofkarakters is. Ons hoor watter skrywers vir vanjaar se ATKV-Woordveertjietoekennings benoem is. Johan Myburg het ‘n hele klomp interessante nuus uit die internasionale letterkundige wêreld, van  kunsmatige intelligensie en die splinternuwe probleme wat dit vir skrywers veroorsaak, tot hoe die Amerikaanse liedjieskrywer-sanger Taylor Swift se lirieke letterkundiges oorsee op hol het.


Skrywers en boeke 23 Augustus 2023

23 Augustus 2023

Ilse Salzwedel gesels met Naomi Morgan, die vertaler van MADAME PYLINSKA EN DIE GEHEIM VAN CHOPIN, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe roman uit die pen van die Suid-Afrikaanse skrywer, Ivan Vladislavich, die boek wat as die gewildste voorleesboek vir kinders aangewys is in ‘n Britse peiling, en ‘n lys boeke wat volgens die Britse koerant, The Guardian, beskou kan word as die voortreflikste boeke wat in die eerste twee dekades van hierdie eeu verskyn het. Hy vertel ook meer van die wenner van vanjaar se Miles Franklinprys. Jy kan ook uitvind watter boeke op die kortlyste is van vanjaar se kykNET-Rapportpryse.


Skrywers en boeke 16 Augustus 2023

16 Augustus 2023

CJ Langenhoven was skrywer, digter, dramaturg en koerantman, en het op daardie manier ‘n sleutelrol in die ontwikkeling van Afrikaans gespeel. As politikus het hy gehelp om dit as amptelike taal erken te kry. Langenhoven is vandeesweek 150 jaar gelede gebore, en ons vier dit met ‘n heruitsending van Ina Strydom se hoorbeeld LANGENHOVEN: DWEPER VIR AFRIKAANS. Johan Myburg deel nuus uit die internasionale boekewêreld, en Ilse Salzwedel het meer inligting oor die Vrye Weekbladboekefees wat van 17 tot 19 Augustus in Melkbosstrand gehou word, en die eerste Kaapschehoop Boekefees, wat van 1 tot 3 September gehou word.


Skrywers en boeke 9 Augustus 2023

9 Augustus 2023

Die digter en skrywer Wilma Stockenström het op 7 Augustus haar 90e verjaarsdag gevier. Luister na ‘n spesiale huldigingsprogram wat Ina Strydom in 2018 saamgestel het oor haar lewe en werk.


Skrywers en boeke 2 Augustus 2023

2 Augustus 2023

Dan Sleigh was een van die groot meesters van die Afrikaanse letterkunde. Hy was ewe bekend as historikus, en sy dood word allerweë beskou as ‘n verlies vir Afrkaans én Suid-Afrika. Ilse Salzwedel bring hulde aan hierdie bekroonde skrywer van EILANDE, AFSTANDE, WALS MET MATILDA, 1795 en verskeie ander publikasies, onder meer die omvangryke nie-fiksiewerk, RETOERVLOOT, deur middel van uittreksels uit drie argiefonderhoude en ‘n onderhoud met sy jarelange uitgewer, Hester Carstens.


Skrywers en boeke 26 Julie 2023

26 Julie 2023

Ilse Salzwedel gesels met Michiel Heyns oor sy jongste roman EACH MORTAL THING. Johan Myburg vertel hoe die Britte hulle hofdigter, of poet laureate, kies, en jy kan luister na ‘n stokou voorlesing van WH Auden, wat twee maal oor die hoof gesien is as Britse hofdigter. Johan het ook nuus oor ‘n nuwe wetenskapsfiksieroman wat in Meksiko afspeel, en deel die kortlys van die Ursule K. Le Guinprys.  Jy kan ook luister na ‘n argiefonderhoud waarin die geliefde Afrikaanse skrywer Pieter Pieterse kort voor sy dood oor sy skryfwerk praat, en een van sy eie sketse voorlees.


Skrywers en boeke 19 Julie 2023

19 Julie 2023

Helene de Kock, wie se 47e roman onlangs verskyn het, gesels oor DIANA SE DAG. Sy gesels ook oor haar loopbaan, en deel waardevolle skryfraad. In sy internasionale bydrae bring Johan Myburg hulde aan Milan Kundera en Pascal Mercier, wat albei vandeesweek oorlede is. Hy het nuus oor ‘n nuwe roman deur MJ Arlidge. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname waarin wyle Madeleine van Biljon wys hoekom sy een van Afrikaans se gewildste boekmense was.


Skrywers en boeke 12 Julie 2023

12 Julie 2023

Ilse Salzwedel gesels met Ted Botha oor sy nie-fiksie boek, DAISY DE MELKER: HIDING AMONG KILLERS IN THE CITY OF GOLD. Jeanne Goosen sou op 13 Julie haar 85e verjaarsdag gevier het, en jy kan luister na ‘n argiefonderhoud wat Nic Swanepoel in 1995 met haar gevoer het. Johan Myburg bring hulde aan die Engelse skrywer, Mavis Cheek. Hy vertel van die storie agter ALL QUIET ON THE WESTERN FRONT, en stel ons voor aan die gewilde Amerikaanse skrywer Emily Henry.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: