23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en boeke 7 Junie 2023

7 Junie 2023

Elmarie Viljoen-Massyn vertel van haar spannende debuutroman, VUURVOËL, wat afspeel in die farmaseutiese bedryf. Met meer as 200 kinderboeke op sy kerfstok, weet die bekroonde skrywer Jaco Jacobs seker ‘n ding of twee oor wat kinders graag lees. Hy gesels vertel vir Ilse Salzwedel van die belangrikheid van boeke en lees in kinders se lewe. Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae hoe die Franse skrywer Annie Ernaux die invloed van die Nobelprys op haar lewe ervaar, en Tan Twan Eng se derde roman. Johan stel jou ook voor aan Katja Oskamp wie se boek, Marzahn, die wenner van die Dublin- internasionale letterkundeprys is.


Skrywers en boeke 31 Mei 2023

31 Mei 2023

Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie oor haar nuwe roman, DIE LAASTE KANARIEGEEL NOTABOEK. Vyf aspirantskrywers kan elkeen ‘n driewekelange kortverhaalskryfskool gratis bywoon – Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting gee meer inligting hieroor. Adv. Jackie Fick, ‘n kubermisdaadkenner, verduidelik hoekom die rondstuur van onwettige e-boeke ‘n misdaad is. In sy internasionale bydrae stel Johan Myburg jou voor aan Georgi Gospodinov, die wenner van die Booker International-prys vir vertaalde werk, en vertel meer oor ‘n Spaanse letterkundige prys wat aan die Japanse skrywer Haruki Murakami toegeken is. Hy bring ook hulde aan die Britse skrywer Martin Amis.


Skrywers en boeke 24 Mei 2023

24 Mei 2023

Suzette Myburg gesels met Pieter Marais oor sy debuutroman, KONKEL. Wyno Simes van NALN in Bloemfontein vertel vir Ilse Salzwedel van die werk wat daar gedoen word om die Afrikaanse letterkundige en kunstenalatenskap te help bewaar. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangarembga, en die aanklagte teen haar van aanhitsing tot geweld; ‘n 20-jarige Kaapse student,  Hana Gammon, wat aangewys is as die Afrika-wenner in die Commonwealth-kortverhaalwedstryd; en die twee romans wat aangewys is as die gesamentlike wenners van die 2023 Pullitzerprys: DEMON COPPERHEAD (Barbara Kingsolver) en TRUST (Hernan Diaz). Jy kan ook luister na Hernan Diaz, wat gesels oor die rol wat lees en boeke in sy skryfwerk speel.


Skrywers en boeke 17 Mei 2023

17 Mei 2023

Ilse Salzwedel gesels met SD Fourie oor haar nuwe roman, DIE REIS. Dis ‘n moderne roman met die geskiedenis as agtergrond. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor vier Engelse boeke uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers wat sy glo luisteraars sal geniet. Ingeborg Pelser van die Franschhoek Literary Festival gesels oor waarna besoekers kan uitsien by hierdie fees wat van 19 tot 21 Mei in Franschhoek plaasvind. 


Skrywers en boeke 10 Mei 2023

10 Mei 2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor vier Afrikaanse boeke wat sy kan aanbeveel. Ilse Salzwedel gesels met Nicol Stassen in ‘n laaste gesprek oor die bewaring van ouer Afrikaanse skryfkuns. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe roman uit die pen van die gevierde Gabriel García Márquez wat reeds in 2014 oorlede is, beroepswedders se idees oor wie later vanjaar met die Nobelprys vir letterkunde sal wegstap, en die verlenging van die ampstermyn van die Amerikaanse ampsdigter, Ada Limon. Jy kan ook luister hoe Limon een van haar gedigte voordra.  


Skrywers en boeke 3 Mei 2023

3 Mei 2023

Antjie Krog is onlangs vir die derde keer met die Hertzogprys bekroon, hierdie keer vir haar bundel PLUNDER. Ons vier dit met die heruitsending van ‘n uittreksel uit die  AVBOB/RSG-huldigingskonsert wat op 23 Oktober 2022 uitgesaai is om Krog se 70e verjaarsdag te vier.  In Johan Myburg se internasionale insetsel gesels hy oor ‘n nuwe internasionale debuutprys vir vroueskrywers ouer as 50, nuwe internasionale romans wat eersdaags hier by ons op die rakke sal wees, en die kortlys vir die 2023 Women’s Prize wat onlangs bekend gemaak is. Jy kan ook hoor wat sê Maggie O’Farrel oor haar roman THE MARRIAGE PORTRAIT.


Skrywers en boeke 26 April 2023

26 April 2023

Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar biografiese boek, VAN VREES NA VREDE, waarin sy skryf oor haar stryd teen terminale kanker. VivA se Rone Wierenga vertel meer oor die digitisering en digitalisering van die Afrikaanse letterkunde. Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het verlede week die wenners van die Hertzogprys en ander letterkundige pryse bekendgemaak. Johan Myburg het onder andere nuus oor drie skrywers wat ingesluit is op TIME Magazine se lys van 100 invloedrykste mense vir 2022, en ses boeke wat die Booker International se kortlys gehaal het. Jy kan ook uitvind wie is die nuwe Nederlandse Dichter des Vaderlands.


Skrywers en boeke 19 April 2023

19 April 2023

Carien Smith, wenner van die UJ-debuutprys, gesels oor haar kortverhaalbundel BOT. Johan Myburg vertel meer oor die kortlys vir die Carol Shields- letterkundeprys, SALT, ‘n nuwe projek om die letterkunde van Suid-Asië toeganklik te maak vir lesers in die Weste, en Eleanor Catton se nuwe roman BIRNAM WOOD. Jy kan ook hoor wat Catton self daaroor te sê het. As jy ‘n kortverhaalskrywer is, maak seker jy luister, want Suzette Myburg het meer inligting oor die US Woordfees se kortverhaalkompetisie, en sy gee ook raad oor hoe om ‘n goeie kortverhaal te skryf.


Skrywers en boeke 12 April 2023

12 April 2023

Ilse Salzwedel gesels met Elmarie Dercksen oor haar debuutroman, DIE GAWE VAN GROEN, wat beskryf word as historiese fantasie met ‘n stewige skeut magiese realisme. Daar is ook nuus oor die ATKV-Skryfskool se landswye projekte. Ilse Salzwedel wil by prof. Bernard Odendaal, voorsitter van PEN-Afrikaans, weet wie se plig dit is om die werk van ouer Afrikaanse skrywers te bewaar. Johan Myburg vertel meer oor die wenners van die Windham-Campbell-pryse, twee nuwe boeke oor die lewe en werk van Breyten Breytenbach uit die pen van die Nederlandse akademikus Yves T’Sjoen, en THE EARTH TRANSFORMED, ‘n nuwe boek deur Peter Frankopan, ‘n professor in wêreldgeskiedenis aan die Universiteit van Oxford.


Skrywers en boeke 5 April 2023

5 April 2023

Ilse Salzwedel gesels met Elizabeth Wasserman oor haar “cozy mystery”, DIE FANTASTIESE MEVROU SMIT. Daar is nuus oor die finaliste en wenners van die UJ-Pryse en die eerste Vrye Weekblad Boekefees in Cullinan. In internasionale nuus vertel Johan Myburg meer oor die wenners van die baie gesogte Britse Rathbones Foliopryse, die kortlys vir die Dublin Letterkundeprys, THE CATS WE MEET ALONG THE WAY, ‘n jeugboek wat die Britte in vervoering het, redigering aan wyle Agatha Christie se boeke en ‘n nuwe roman uit die pen van Suid-Afrika se Nobelpryswenner JM Coetzee. Jy kan ook luister na ‘n kort voorlesing uit Demon Copperhead,  Barbara Kingsolver se nuwe roman wat die internasionale boekwêreld aan die praat het.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: