23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Jaco de Waal

Jaco de Waal

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Taaldinge 14 April 2024

14 April 2024

Twee verteenwoordigers van die Griekwa-koningshuis, kaptein Aaron Messelaar en hoofvrou Rachel Cloete, vertel vir Ina Strydom meer oor die Griekwa-gemeenskap en Afrikaans.  Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, neem ook aan die gesprek deel.


Taaldinge 7 April 2024

7 April 2024

Na aanleiding van ‘n onlangse rubriek in Beeld waarin die rubriekskrywer Jana Luther vra of dit tyd geword het vir ‘n Red-‘n-Woord projek, praat Ina Strydom met haar oor ou Afrikaanse woorde – en watter  gered kan word, of behoort gered te word.  


Taaldinge 31 Maart 2024

31 Maart 2024

Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die verskil tussen insette en insae; die herkoms van uitdrukkings soos husse met lang ore en bossies het oë; en die meervoud van keurspel.


Taaldinge 24 Maart 2024

24 Maart 2024

Akademia het pas ‘n BA Taalstudies bekend gestel. Die hoof van die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, dr. Alé Steyn, vertel vir Ina Strydom wat dié kursus besonders maak, en waarom taalstudie so belangrik is.


Taaldinge 17 Maart 2024

17 Maart 2024

Die waarde van ‘n woordeboek vir ‘n skoolkind kan nooit genoeg beklemtoon word nie. Die senior leksikograaf en eindredakteur by Pharos, Delana Fourie, vertel vir Ina Strydom van die jongste woordeboek in hulle stal, die Senior Tweetalige Skoolwoordeboek. Hulle praat ook oor die waarde en belangrikheid van woordeboeke in die algemeen.


Taaldinge 10 Maart 2024

10 Maart 2024

Verlede jaar is ‘n taalhulpbronoudit by universiteite gedoen om te bepaal wat die stand van taalbeleid en -beplanning is, en watter hulpbronne beskikbaar is en benodig word. Prof. Tobie van Dyk van die NWU en SADiLAR wat nou betrokke was by die oudit, vertel vir Ina Strydom wat hulle bevind het, en wat die pad vorentoe is.


Taaldinge 3 Maart 2024

3 Maart 2024

Die uitspraak van eiename, plekname en ander benamings in vreemde tale bly ‘n tameletjie vir die meeste mense. Moet die uitspraak so ná as moontlik aan die brontaal wees, of moet dit aangepas word na die klanke van die eie taal? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom van navorsing oor dié kwessie.

https://bit.ly/Uitspraakvoorkeure


Taaldinge 25 Februarie 2024

25 Februarie 2024

Eersterust is ’n Afrikaanse gemeenskap in Pretoria. Hulle het groot uitdagings wat betref die oordrag van Afrikaans tussen die generasies omdat die druk om te verengels, voortdurend toeneem. Die Eersterust Taal- en Ontwikkelingsforum het ‘n paar jaar gelede tot stand gekom om Afrikaans en moedertaal in die gemeenskap te bevorder. Die ATR se noordelike koördineerder, Merlyn van der Rheede, die voorsitter van ETOF, Nolan Leyds, en die sekretaris, Danie Mathys, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle projekte en planne.


Taaldinge 18 Februarie 2024

18 Februarie 2024

Wat is die stand van Afrikaans tans? Waar gaan dit goed, en waar is daar rooi ligte wat flits?  Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ons tevrede kan voel, en waaroor ons bekommerd moet wees.


Taaldinge 11 Februarie 2024

11 Februarie 2024

Emeritus-professor Hein Willemse vertel vir Ina Strydom meer oor die skrywer van die boek, The Arabic Afrikaans Writing Tradition, Achmat Davids; en die bydrae van die boek tot die geskiedenis van Afrikaans. Hy praat ook oor die rol van variëteite en Standaardafrikaans.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: