23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Taaldinge 12 Mei 2024

12 Mei 2024

Afrikaans as amptelike taal word aanstaande jaar 100 jaar oud.  Die afgelope week is die veldtog, Afrikaans  Amptelik 100, bekend gestel wat daarop gemik is om dié belangrike mylpaal te vier.  Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens oor wát presies gevier word – en waarom.


Taaldinge 18 Februarie 2024

18 Februarie 2024

Wat is die stand van Afrikaans tans? Waar gaan dit goed, en waar is daar rooi ligte wat flits?  Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ons tevrede kan voel, en waaroor ons bekommerd moet wees.


Taaldinge 21 Januarie 2024

21 Januarie 2024

Die taalkundige, Prof Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom hoe hy te werk gaan om die storie van Afrikaans se verlede, hede en toekoms in ‘n kompakte vorm te vertel.


Taaldinge 30 Julie 2023

30 Julie 2023

‘n Baie belangrike navorsingsprojek oor variasie in Afrikaans is onlangs aangekondig. Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ProVaria handel, en waarom die projek van stapel gestuur word.


Taaldinge 16 Julie 2023

16 Julie 2023

Hoekom skuif kerke en gemeentes so maklik van Afrikaans na Engels as geloofstaal? Die Afrikaanse Taalraad ondersoek dié kwessie. Die ondervoorsitter van die ATR, dr. Hendrik Theys, die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, en die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom wat die agtergrond tot die ondersoek is, en gee inligting oor ‘n simposium wat beplan word om die skakel tussen taal en geloof te belig, en ‘n basis vir gesprek te skep.


Afrikaans se variëteite nagevors

10 Julie 2023

‘n Navorsingsprojek oor die omvang en aard van variëteite van Afrikaans is onlangs van stapel laat loop by ‘n byeenkoms van taalkundiges. Die projek, proVARIA, is ‘n 20 jaar-projek. Professor Wannie Carstens, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en stigterslid van die Afrikaanse Taalraad, is een van die dryfvere van proVARIA.


Taaldinge 11 Junie 2023

11 Junie 2023

Afrikaans is oor twee jaar 100 jaar oud. Die projek om dié geleentheid te vier, is onlangs aangekondig. Teen hierdie agtergrond is dit dan ook nodig om bestek te neem van Afrikaans se infrastruktuur: wat is daar, en in watter toestand is dit?  Prof. Wannie Carstens van die NWU verduidelik vir Ina Strydom wat Afrikaans se infrastruktuur is, en hulle besin oor onderhoud en instandhouding.


Taaldinge 9 April 2023

9 April 2023

‘n Paar weke gelede is daar bestek geneem van die stand van Afrikaans, en die fokus was op die positiewe punte. Daar is egter ook rooi ligte wat flikker waarvan kennis geneem moet word. Prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp bespreek ‘n paar van die gevaarligte vir Afrikaans met Ina Strydom.


Taaldinge 26 Februarie 2023

26 Februarie 2023

Daar is vir die eerste keer ‘n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Dit dek onderwerpe wat wissel van lees- en leeronderrig; taalbeplanning en taalpolitiek tot psigolinguistiek, sosiolinguistiek en onomastiek, of naamkunde. Die redakteurs, proff. Tobie van Dyk en Wannie Carstens, en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek. 


Nuwe boek oor toegepaste taalkunde

24 Februarie 2023

Daar is vir die eerste keer ‘n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Prof. Wannie Carstens vertel vir Sue Pyler-Slabbert wat die boek behels.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: