15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Magiese mikrofoon – Episode 5

6 Januarie 2023

In die laaste aflewering van die reeks programme waarin 85 jaar van uitsaai in Afrikaans op radio gedenk word, val die klem op sportgeleenthede wat deur ons top sportkommentators beskryf is. Daar is die trotse oomblikke toe drieë deur ons voorste rugbyspelers gedruk is, soos Syd Nomis, Chester Williams, Breyton Paulse en Frik du Preez. Ons hoor ook van die laaste oomblikke van die titaniese stryd op die tennisbaan toe Suid-Afrika die eerste en enigste keer die Federasiebeker gewen het. Van die atlete wie se glorieryke oomblikke vasgevang is in klank, is Fanie van Zyl, Hezekiel Sepeng, Elana Meyer en Marius Corbitt. Jy sal ook kan luister na grepe uit die eerste Springboktoets vir vroue; oorwinnings in die swembad deur Penny Heyns en Karin Muir; en die Pollock broers en Barry Richards sorg vir trotse oomblikke. Gary Player praat oor die belangrikheid van sport in Suid-Afrika, en daar is die uitsonderlike oomblikke in die kleedkamer toe afrigter Johan Claasen die Springbokspan toespreek na afloop van ‘n grootse oorwinning tydens die onoorwonne Boktoer in Australië.


Magiese mikrofoon – Episode 4

5 Januarie 2023

In die vierde aflewering van die reeks programme waarin 85 jaar van uitsaai in Afrikaans op radio gedenk word, val die klem op humorprogramme. Fanus Rautenbach het geskiedenis gemaak deur die eerste kommersiële ontbytprogram in Afrikaans aan te bied. Hy het die gehoor vermaak met sy pittighede en stuitighede. Hy het ook “gaste” gehad, wat deur die jare kom inloer het. Ons luister na FLINK UIT DIE VERE se sewende verjaarsdagsuitsending. BOG MET BLOU MAANDAG was ewe gewild by luistreaars. Dit was ‘n gedramatiseerde reeks wat allerlei kwessies soos kultuur en die hou van vergaderings spotterdenwys uitgebeeld het. Bekende akteurs soos Miems de Bruyn, Danie Niehaus en Danie Smuts het daarin opgetree. In SKOTE PETOORS is ‘n span se kennis getoets oor beroepe en allerlei ander onderwerpe. Cobus Robinson het dit vir jare lank aangebied. Nog ‘n program waar Fanus Rautenbach uitgeblink het, was STAAL BURGER. Hy het die dramareeks geskryf, en ook as verteller opgetree. ‘n Span helde het onder leiding van Staal Burger het al wat ‘n skelm en boef was, vasgetrek. Die hoofkomponent van die reeks was die byklanke! Leon Schuster het reeds in sy radiodae met sy stuitighede begin. Eers was daar WAAR EN WOLHAAR STORIES en toe VRYPOSTIGE MIKROFOON. In beide gevalle het hy niksvermoedende persone genader met byna onmoontlike situasies. Dit het dikwels tot groot konsternasie gelei en vir heerlike humor gesorg.


Magiese mikrofoon – Episode 3

4 Januarie 2023

In die derde aflewering val die klem op hoorbeelde, dokumentêre programme en profiele. Uit die magdom van materiaal in dié genre wat in die klankargief van die SAUK beskikbaar is, kan jy luister na ‘n klankskets van die gebeure toe die magtige Titanic destyds gesink het. Anton Smith neem ons op ‘n verbeeldingsvaart met sy vertelling, asook enkele gedramatiseerde dele en gepaste musiek wat die tragiese gebeure vasvat. Twee soorte randfigure se lewe word ook uitgebeeld: dié van ‘n prostituut en die web waarin sy vasgevang is, en die Downsindroomkind, wat met sy gestremdheid tog liefde uitstraal. Die hoorbeeld, MY NAAM IS ELLA is destyds deur Dean van Zyl saamgestel en DIE HEMELKINDERS het vir luisteraars ‘n heel ander sy van Fanus Rautenbach gewys. Margot Luyt het destyds ‘n profiel gedoen oor Athol Fugard, ons grootste dramaturg van die 20e eeu. Fugard gesels oor sy iefde vir die teater – hy was dramaturg, speler en regisseur asook sy uitbeeldings van die lewe vanuit ‘n eg Suid-Afrikaanse perspektief. Kunstenaars soos John Kani, Sandra Prinsloo en Ross Devenish gee hul indrukke. Anton Rupert het min onderhoude tydens sy lewe toegestaan, maar Mariska Spoormaker het die voorreg gehad om met hierdie groot denker en sakeman te gesels oor medebestaan, en bewaring.Die laaste uittreksel is Freek Robinson se dokumentêre program oor Nelson Mandela en sy liefde vir en verhouding met Afrikaans. Mandela lewer ‘n toespraak in Afrikaans, en talle persone wat met hom te doen gehad het, getuig van die spesiale verhouding wat hy met Afrikaans gehad het.


Magiese mikrofoon – Episode 2

3 Januarie 2023

In die tweede aflewering van die reeks programme waarin 85 jaar van uitsaai in Afrikaans op radio gedenk word, val die klem op joernaalprogramme. Uittreksels uit programme soos HOSPIAALTYD en SO MAAK MENS, wat eers op Springbok Radio uitgesaai is, maar later na die Afrikaanse Diens van die SAUK oorgeskuif het. Geliefde stemme was dié van Dulcie van den Bergh, Esme Euverard en Jan Cronjé. In die dae van apartheid was daar maar min geleenthede vir Bruin Afrikaanssprekende aanbieders. Die eerste program wat op die Bruin luisteraars gefokus het, was PROTEAKLUB, waarin raad vir die dames gegee is, asook vertellings deur lede uit verskillende gemeenskappe, soos die vissers van Kalkbaai. VROUERUBRIEK het destyds slegs as ‘n rubriek op radio begin. Audrey Bilgnaut was aan die stuur van sake. Die kort insetsel het later gegroei tot ‘n volwaardige weeklikse program, en nog later ‘n daaglikse program. Aanbieders soos Monica Breedt en Verna Vels het hulle merk hier gemaak. Die kunste het al van vroeg af aandag op radio geniet. IN DIE VOORPORTAAL was een van die eerste programme wat die uitvoerende en beelde kunste belig het. Verskeie aanbieders het deur die jare die program aangebied, met medewerkers oral in die land. Storievertel en die oordra van staaltjies deur luisteraars en bekende persoonlikhede was ook baie gewild. Een van die programme waar dié soort uitsaaimateriaal voorgekom het, was OM DIE KAMPVUUR. In hierdie aflewering verteloOudregter Tienie Steyn ‘n lekker spookstorie!


Magiese mikrofoon – Episode 1

2 Januarie 2023

In die  eerste aflewering van Magiese Mikrofoon, waarin 85 jaar van uitsaai op radio gedenk word, val die klem op kinder- en jeugprogramme. Wie onthou nog die pittighede van die jong luisteraars wat baie fluks in Wiegwoorde vrae beantwoord en dikwels lustig saam gesing het. Susan Voormolen het talle plekke in die land besoek waar sy met die jongklomp gesels het, soos n groepie kinders langs die Weskus. Siembamba was deur die jare ‘n huishoudelike naam in uitsaai. Talle stories is vertel en dikwels het karaktertjies soos Otterjasie en Doepels ook ingeloer. Tannie Maud Baie was baie gewild onder die jonger luisteraars in Proteaklub. Vir die ouer kinders het Jongspanateljee vir gróót vermaak gesorg. Daar het talle kinders kom vertel oor hulle doen en late en ook soms ‘n liedjie of twee gesing. Tienerateljee was hoofsaaklik vir hoërskoolleerlinge bedoel. Verskillende gaste het kom gesels oor ‘n magdom onderwerpe soos loopbane, gebeure van die dag en dikwels het hierdie jongmense ook kans gekry om te wys wat in hulle steek deur heerlik musiek te maak of om allerlei vrae vir gaste te vra. Verna Vels se Liewe Heksie was seker een van die gewildste reekse op radio, en later ook op televisie. Verna het self die tekste geskryf en die verskillende rolle in die produsies gespeel. Jakkals en Wolf stories is ook deel van ons luistererfenis. Nie net is die verhale op radio voorgelees nie, maar ook dikwels gedramatiseer.


Steve de Villiers se Kantlynkaviaar

29 Oktober 2022

Die voormalige direkteur-generaal van die SAUK, Steve de Villiers het op sy kenmerkende manier met briljante taalgebruik die ikone en groot sportprestasies en gebeure in Suid-Afrikaanse sport vasgevat in sy reeks, Kantlynkaviaar. Herleef Oom Steve se laaste Kantlynkaviaar, wat hy opgedra het aan Suid-Afrika se sportman van die eeu, Gary Player.


Tossie Lochner dink terug aan haar dae as sportverslaggewer

Tossie Lochner is net soos radio in Afrikaans, 85 jaar oud. Sy was lank ‘n sportverslaggewer in Italië. Pieter van den Berg het met haar oor daardie jare gesels.


Chris Swanepoel se krieketkommentaar

Chris Swanepoel was sedert 1983 by Afrikaanse radio betrokke. Pieter van den Berg het hom oor sy sportuitsendings uitgevra.


Heinrich Marnitz se dae as sportuitsaaier

Heinrich Marnitz was nie net ‘n sportuitsaaier nie, maar ook sportorganiseerder by die Afrikaanse Radiodiens en Radio Suid-Afrika. Pieter van den Berg het met Heinrich daaroor gesels.


Jan Snyman se sportuitsaai-loopbaan

Jan Snyman het diep spore in die sport-uitsaaiwêreld getrap. Hy was eers by radio betrokke en later by televisie. Pieter van den Berg het met Jan gesels.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: