Suid-Afrikaners spandeer meer tyd aanlyn as gebruikers in enige ander land in die wêreld. Dit beteken dat kuberboelies en aanlynafknouery ‘n reuse probleem is. Blaine Jones praat hieroor met dr. Marlena Kruger.
Heleen Meyer vertel watter kos kan jy vries, en hoe om iets optimaal te vries.
Skolerugbywedstryde is deesdae baie meer gewild as professionele wedstryde. Duisende meer mense staan eerder langs ‘n veld waar ‘n skool soos Grey Kollege van Bloemfontein en Paul Roos van Stellenbosch kragte meet, as byvoobeeld ‘n westryd tussen die Vrystaat Cheethas en die Blou Bulle. Die afgelope naweek was geen uitsondering nie, en meer as 13 000 mense het die Grey/Paul Roos-wedstryde bygewoon. Dieselde het gebeur toe die Hoërskool Monument en die Hoërskool Noordheuwel, albei van Krugersdorp, die naweek kragte gemeet het. Hoekom het provinsiale- en franchise-rugby sy glans verloor? Hannes Nienaber, ‘n skolesportjoernalis en betrokke by SuperSport Schools, sluit by ons aan.
Willem Basson van die Efficient-groep praat oor die voorgestelde rasteikens wat deur wetgewing aan maatskappye opgedwing gaan word. Wat sal die invloed daarvan op werkskepping wees?
Suid-Afrika loop op die oomblik onder skerp kritiek deur weens sy verhouding met Rusland én weens die beskuldiging dat ons wapens aan Rusland verskaf het, terwyl dié land gebuk gaan onder ernstige sanksies deur die Weste. Boonop vind die BRICS-beraad oor sowat twee maande in Suid-Afrika plaas, en die wêreld sal dophou of ons Wladimir Poetin in hegtenis neem, indien hy die beraad sou bywoon. Intussen woed daar ‘n debat oor die rol van die sogenaamde Globale Suide, of “Global South”, se rol op die internasionale verhoog. In ‘n meningsartikel in die Britse Financial Times, skryf Alec Russel, die buitelandse redakteur van die publikasie, ‘n tydvak het aangebreek waarin die Globale Suide ‘n meer beduidende rol sal speel. Dít terwyl die G7-beraad in Hiroshima in Japan gister ten einde geloop het, en die Comoros-eilande, die enigste verteenwoordigder uit Afrika was. Ons praat hieroor met die oudambassadeur, Gert Grobler.
Dit wil voorkom of die reën in somerreënvalgebiede nog nie beduidend afgeneem het nie. Is die minimum en maksimum temperature wat ons tans ervaar normaal vir hierdie tyd van die jaar? En het Suid-Afrika werklik vier seisoene? Dr. Johan Malherbe, ’n klimaat-, grond- en waternavorser by die Landbounavorsingsraad, sluit by ons aan.
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za