Mia en Ruby beland op ‘n goederetrok op pad Kaapstad toe. Hulle bespreek die plan vir hulle groot aanval. Romulus, Rachel en Max wag nog op die gevangene wat hulle moet saamneem Kaapstad toe. Rachel en Romulus kom glad nie oor die weg nie.
Hoe het die nieroorplanting waaroor ons verlede week gewag het, afgeloop? Mari Hudson gesels met die nier ontvanger Elna Durr en haar nierskenker Allison Griffiths, en ook met die ontvanger Pieter-Jans Durr en sy skenker.
Op Klein-Mond gaan daar hierdie vakansie ‘n paar Groot-bekke wees.
Die veldtog vir 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders het oor die jare waardevolle bewustheid geskep oor die diepgaande vlaag van geslagsgebaseerde geweld wat aanhou om ons land te teister. Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, UNICEF, het onlangs ernstige kommer uitgespreek oor die misdaadsyfers in Suid-Afrika. Meer as drie kinders en twaalf vroue is daagliks oor ’n tydperk van 90 dae, tussen Oktober en Desember verlede jaar, in Suid-Afrika vermoor, terwyl meer as 21 000 vroue en kinders pogings tot moord oorleef het. Vroue op kampusse van hoëronderwysinstelling spring nie geslagsgebasseerde geweld vry nie. Ons praat vanoggend hieroor met professor Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat.
Dawie Roodt van die Efficient-Groep gesels oor privaat ekwiteitsbeleggings – goed of sleg?
Sondag op Rand en Sent het Jody Hendricks en sy gas Tracey Peters van die GEPF oor die Staatsdienspensioenfonds gesels. Ons sit die gesprek met Tracey voort, en sy reageer op luisteraars se vrae.
Die Solidariteit-beweging is weer by die Verenigde Nasies oor raswetgewing. Dit volg na ‘n ooreenkoms vroeër vanjaar met die regering gesluit is oor rasvereistes in die arbeidswetgewing. Ons praat nou hieroor met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit wat in Genève in Switzerland, by die VN is.
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Ernstige waterprobleme in Limpopo en Noordwes. Gauteng wil by die regering leen om sy uitstaande 13 miljard-rand E-Tol skuld te delg, en Minister Cele moet Ian Cameron om verskoning vra.
Ds. Antoinette van die NG Kerk Lydenburg-Suid.
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za