23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en Boeke 17 Januarie 2024

17 Januarie 2024

Ilse Salzwedel se gas is Marita van der Vyver, skrywer van 30 boeke, wat kinderboeke, jeugboeke en romans soos GRIET SKRYF ‘n SPROKIE, WEGKOMKANS en LAASTE KANS insluit. Hulle kyk terug op Marita se loopbaan wat oor meer as 40 jaar strek. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die Rathbone Foliopryse en het nog ‘n lys internasionale boeke waarna lesers kan uitsien. Daar is selfs ‘n roman uit die pen van Keanu Reeves.


Skrywers en boeke 10 Januarie 2024

10 Januarie 2024

Ilse Salzwedel gesels met oud-joernalis, skrywer, biograaf en uitgewer Petrovna Metelerkamp, wat onlangs 80 jaar oud geword het, oor haar interessante loopbaan en pad met boeke. Johan Myburg vertel watter bekendes in die boekwêreld vanjaar weer ingesluit is in die lys Nuwejaarvererings van die Britse koningshuis. Hy vertel ook meer oor BOUND TO VIOLENCE, ʼn roman van die Malinese skrywer Yambo Ouologuem wat in 1968 verskyn het en nou weer uitgegee word. En hoekom is Bonnie Garmus se 2022-debuutroman LESSONS IN CHEMISTRY so gewild? 


Skrywers en boeke 3 Januarie 2024

3 Januarie 2024

In die laaste oorsigtelike gesprek oor 2023 se boekhoogtepunte, gesels Ilse Salzwedel met Jonathan Amid, boekresensent en manuskripontwikkelaar. Jonathan het ‘n wonderlike lys boeke, wat romans, jeugboeke, misdaadfiksie en ook Engelse boeke deur verskeie Suid-Afrikaanse skrywers insluit. Hou gerus ‘n pen en papier byderhand – daar is beslis iets vir almal se smaak.


Skrywers en boeke 27 Desember 2023

27 Desember 2023

Ilse Salzwedel kuier vanaand saam met Deon Meyer. Hulle gesels onder andere oor sy jongste roman LEO, en Deon speel ook drie van sy gunstelingliedjies voor. Johan Myburg vertel meer oor drie historiese romans uit die pen van bekende internasionale skrywers: Joyce Carol Oates se BUTCHER, Paul Theroux se BURMA SAHIB en Colm Tóibín se LONG ISLAND.


Skrywers en boeke 20 Desember 2023

20 Desember 2023

Ilse Salzwedel gesels met Nataniël oor sy jongste bundel verhale HELP, HELP! Hy vertel ook meer oor sy betrokkenheid by sy Franse broerskind se oulike kinderboek VYF VERLORE VERE. Johan Myburg is ook weer op sy pos met nuus uit die internasionale letterkundewêreld.


Skrywers en boeke 13 Desember 2023

13 Desember 2023

Francois Bekker, ‘n resensent van Pretoria, gesels met Ilse Salzwedel oor boeke wat hy vanjaar geniet het. Hy maak ‘n hele paar interessante aanbevelings,  wat ook goeie nie-fiksie insluit. In sy internasionale insetsels gesels Johan Myburg oor ‘n lys aanbevelings vir internasionale misdaadromans, en hy kyk terug op 2023 en die boeke wat die groot literêre pryse verower het.


Skrywers en boeke 6 Desember 2023

6 Desember 2023

In hierdie week se Skrywers en Boeke kan jy luister na 3 onderhoude wat by die Festival Voor Het Afrikaans in Den Haag, Nederland opgeneem is. Johan Myburg bespreek o.a. die Bookerpryswenner en vertel meer van die Britse kinderboek wat as ‘n boekwinkelgroep se boek van die jaar aangewys is.


Skrywers en boeke 29 November 2023

29 November 2023

Wium van Zyl gesels met Ilse Salzwedel oor sy vertaling van die klassieke werk 1001 Nagte. Alita Steenkamp, ‘n  joernalis, vertel van die jeugroman, DEUR DIE VUUR. In Johan Myburg se internasionale bydrae het hy nuus oor ‘n bekroning vir komediant Bob Mortimer se roman THE SATSUMA COMPLEX, en die finaliste van die nuwe Nero-romanpryse. Johan vertel ook meer oor die baie bekende Britse skrywer, AS Byatt, wat onlangs oorlede is.


Skrywers en boeke 22 November 2023

22 November 2023

Digter, skrywer en resensent Daniel Hugo gesels oor sy boek, VERS EN KAPITTEL 2, en ook oor ‘n paar boeke wat hy kan aanbeveel. Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, het ook ‘n paar aanbevelings. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die belang van oudioboeke, ‘n Franse letterkundeprys vir die Suid-Koreaanse skrywer Han Kang, en nuwe boeke uit die pen van Sigrid Nunez en Michael Cunningham.


Skrywers en boeke 15 November 2023

15 November 2023

Chris Vorster gesels oor sy biografie van die akteur Marius Weyers, bloot getiteld MARIUS WEYERS. Morné Malan, skrywer van MINDER AS WATER, praat oor sy jongste boek en sy benadering tot skryfwerk. Johan Myburg het nuus oor ‘n kinderboek wat oorlog vir kinders verduidelik, asook die Festival voor Het Afrikaans in Den Haag. Hy kyk ook na die werk van WB Yeats, wat ‘n eeu gelede met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon is.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: