05:55 - 06:00

Ikra

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en boeke 29 November 2023

29 November 2023

Wium van Zyl gesels met Ilse Salzwedel oor sy vertaling van die klassieke werk 1001 Nagte. Alita Steenkamp, ‘n  joernalis, vertel van die jeugroman, DEUR DIE VUUR. In Johan Myburg se internasionale bydrae het hy nuus oor ‘n bekroning vir komediant Bob Mortimer se roman THE SATSUMA COMPLEX, en die finaliste van die nuwe Nero-romanpryse. Johan vertel ook meer oor die baie bekende Britse skrywer, AS Byatt, wat onlangs oorlede is.


Skrywers en boeke 22 November 2023

22 November 2023

Digter, skrywer en resensent Daniel Hugo gesels oor sy boek, VERS EN KAPITTEL 2, en ook oor ‘n paar boeke wat hy kan aanbeveel. Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, het ook ‘n paar aanbevelings. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die belang van oudioboeke, ‘n Franse letterkundeprys vir die Suid-Koreaanse skrywer Han Kang, en nuwe boeke uit die pen van Sigrid Nunez en Michael Cunningham.


Skrywers en boeke 15 November 2023

15 November 2023

Chris Vorster gesels oor sy biografie van die akteur Marius Weyers, bloot getiteld MARIUS WEYERS. Morné Malan, skrywer van MINDER AS WATER, praat oor sy jongste boek en sy benadering tot skryfwerk. Johan Myburg het nuus oor ‘n kinderboek wat oorlog vir kinders verduidelik, asook die Festival voor Het Afrikaans in Den Haag. Hy kyk ook na die werk van WB Yeats, wat ‘n eeu gelede met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon is.


Skrywers en boeke 8 November 2023

8 November 2023

Ilse Salzwedel gesels met dr. Hestelle van Staden oor haar boek, OUTOPSIE: BLOED VERTEL ‘N STORIE. Hestelle is ‘n forensiese patoloog, en lig in die boek die sluier oor haar baie uitdagende, maar baie interessante werk. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, het ‘n klompie voorstelle oor boeke wat oulike Kersgeskenke sal maak. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor nuwe misdaadromans, en hy vertel meer oor die Chinese skrywer Xan Chue, wat vanjaar genoem is as ‘n aanspraakmaker op die Nobelprys vir letterkunde. Johan stel ons ook voor aan CA Davids. Haar boek, HOW TO BE A REVOLUTIONARY, is onlangs aangewys as die wenner van die Sunday Times-fiksieprys.


Skrywers en boeke 1 November 2023

1 November 2023

Sussie Kotze het onlangs haar 90e verjaarsdag gevier. Sy vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie agter haar roman wat vroeër vanjaar verskyn het, en gesels oor haar lewe en werk. Joan Hambidge gesels oor vier Afrikaanse boeke wat haar vanjaar beïndruk het. Johan Myburg het nuus oor twee goed wat hoofopskrifte gehaal het tydens die onlangse Frankfurtse boekeskou: ‘n toekenning aan Salman Rushdie, en ‘n toespraak deur die Sloweense skrywer en intellektueel Slavoj Zizek. Johan vertel ook waarna lesers kan uitsien in Hilary Mantel se outobiografie, A MEMOIR OF MY FORMER SELF: A LIFE IN WRITING. Mantel is verlede jaar oorlede, en hierdie is die laaste boek uit haar pen.


Skrywers en boeke 25 Oktober 2023

25 Oktober 2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, vertel vir Ilse Salzwedel van ‘n klompie nie-fiksieboeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel.  Ilse gesels met Fanie Olivier oor sy Afrikaanse vertaling van die Belgiese skrywer Erwin Mortier se GODENSLAAP. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter en voormalige Nobelpryswenner, Louise Glück, ná haar onlangse dood. Hy gesels ook oor ʼn nuwe bundel kortverhale uit die pen van Jhumpa Lahiri, en ‘n Duitse literêre organisasie se besluit om ‘n letterkundeprys wat tydens die Frankfurtse boekeskou oorhandig sou word aan Adania Shibli, ‘n skrywer van Palestynse afkoms, onbepaald terug te hou. Haar roman, MINOR DETAIL, het reeds in 2020 verskyn en wêreldwyd groot lof ingeoes.


Skrywers en boeke 18 Oktober 2023

18 Oktober 2023

Ilse Salzwedel gesels met vier skrywers tydens ‘n spesiale opname by die Toyota US Woordfees. Johann Rossouw vertel van die inspirasie vir sy nuwe roman, SLUITSTUK, en gesels ook oor VERNIETIG, sy vertaling van ‘n roman deur die Franse skrywer, Michelle Houellebecq. Beryl Botman vertel meer oor haar twee outobiografiese boeke, SEDERT DIE DOOD ONS SKEI en STEEDS BLY DIE LIEFDE. Rina Bester, wat die wenverhaal geskryf het vir die nuwe Woordfeesbundel, gesels oor die inspirasie vir haar verhaal. Ian Sutherland, skrywer van CATASTROPHE, vertel van die navorsing vir sy roman. Hy het onder andere gaan kyk het hoe lyk dit by Tjernobiel, waar ‘n kernkragramp in 1986 plaasgevind het.


Skrywers en boeke 11 Oktober 2023

11 Oktober 2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor ‘n Afrikaanse boeke wat sy kan aanbeveel, soos Marita van der Vyver (LAASTE KANS), Madelein Rust (SIEMBAMBA) en Nicole Jaekel Strauss (DEELFONTEIN) se nuwe romans, en Marco van der Colf se debuutroman (DIEPER DROME). Ons kondig die wenner aan van die Stellenbosch Woordfees se kortverhaalbundelwedstryd. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde, nuwe internasionale boeke vir jou leeslys, en ‘n splinternuwe Engelse vertaling van Homeros se klassieke werk, The Iliad.


Skrywers en boeke 4 Oktober 2023

4 Oktober 2023

Ilse Salzwedel gesels met Julio Agrella, skepper van die Zeus van Wyngaardt-misdaadfiksiereeks. Daar is  meer oor die wenners van die ATKV Woordveertjies en die kykNET-Rapportboekpryse. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor voorspellings oor wie vanjaar aangewys sal word as die wenner van die Nobelprys vir letterkunde. Hy het ook nuus oor die  kortlys van die Bookerprys en die fiksiekortlys vir vanjaar se Sunday Times-letterkundeprys. Johan stel ons ook voor aan Naomi Wood, die Engelse skrywer wat onlangs aangewys is as die wenner van die 2023 BBC-kortverhaalwedstryd, en hy bring hulde aan die Britse digter en skrywer, Tobias Hill, wat onlangs oorlede is.


Skrywers en boeke 27 September 2023

27 September 2023

Ilse Salzwedel gesels met SJ Naude, tweemalige Hertzogpryswenner, oor sy jongste roman VAN VADERS EN VLUGTELINGE. In die tweede gedeelte van die program kan jy luister na ‘n hoorbeeld wat in 1993 deur Chris Swanepoel saamgestel is om die sestigste herdenking van Ingrid Jonker se geboortedag te vier. Daarin gesels die digter self oor haar lewe, en jy kan ook die stemme hoor van verskeie bekende Sestigers, onder andere wyle Jan Rabie en Andre P. Brink. Jonker is op 19 September 1933 gebore.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: