19:15 - 19:20

Aandgedagte

Nou op die lug: 19:20 - 19:30

Skuif nader

Met Christelle Webb-Joubert

Christelle Webb-Joubert

Volgende: 19:30 - 20:00

Kompas

Met Mart-Leen Oosthuizen

20:00 - 20:30

RSG Dokumentêr

Met Jody Hendricks

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en boeke 1 Februarie 2023

1 Februarie 2023

Nicol Stassen, bekroonde skrywer en uitgewer, gesels oor sy driemalig bekroonde boek oor die Dorslandtrekkers, VAN HUMPATA TOT UPINGTONIA. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor nuwe boeke uit die pen van twee vroueskrywers, die Brit Malorie Blackman en die Chinees-Amerikaanse skrywer Kathryn Ma. Johan bring ook hulde aan die Britse reisskrywer Jonathan Raban. Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel-stigting, gesels oor die PEN-residensie vir skrywers.


Skrywers en boeke 25 Januarie 2023

25 Januarie 2023

Karen Jennings, ‘n skrywer van Kaapstad wie se roman AN ISLAND in 2022 vir die gesogte Bookerprys benoem is, gesels met Ilse Salzwedel. Ilse gesels met Annelien van Basten van Skryfnet oor hulle aanlynskryfskole. Johan Myburg gesels oor BLOODBATH NATION, ‘n nie-fiksie nuwe boek wat die VSA se beheptheid met en problematiek oor vuurwapens ontleed. Hy vertel ook meer oor die wenner van Brittanje se Goue Medalje vir poësie,  Selima Hill, en Anthony Joseph, die wenner van die gesogte TS Elliot-prys vir poësie in Brittanje.


Skrywers en boeke 18 Januarie 2023

18 Januarie 2023

Ilse Salzwedel gesels met prof. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg. Sy is die redakteur van ‘n huldigingsbundel oor die digter en skrywer Petra Müller, getiteld ‘N HULDIGING: PETRA MÜLLER, DIE SKERPGEVYLDE OOMBLIK. Jy kan ook luister na ‘n argiefonderhoud waarin Margot Luyt met Müller oor haar digkuns gesels. Johan Myburg het internasionale nuus oor internasionale nie-fiksie topverkopers, en hy bring hulde aan die skrywer Russel Banks, wat onlangs oorlede is.


Skrywers en boeke 11 Januarie 2023

11 Januarie 2023

Ons bring hulde aan die skrywer, dramaturg en digter Dolf van Niekerk, wat op Oujaarsdag 2022 oorlede is. Hy was een van die veelsydigste woordmense in Afrikaans met verskeie romans, kortverhale, radiodramas en digbundels op sy kerfstok. Van Niekerk het ook ‘n groot aandeel gehad in die sukses van Afrikaanse radio. Jy kan luister na ‘n dokumentêr wat Ina Strydom in 2019 saamgestel het ter viering van sy 90e verjaarsdag. In sy internasionale insetsel bring Johan Myburg hulde aan die Britse skrywer Fay Weldon. Hy vertel meer oor die Skotse digter Robert Burns se verjaarsdagvieringe, en bespreek twee boeke vir leunstoelreisigers.


Skrywers en boeke 4 Januarie 2023

4 Januarie 2023

Chris Karsten vertel die verhaal agter sy nuwe historiese roman, OP PAD NA MOORMANSGAT, wat handel oor Billy Foster en generaal Koos de la Rey. Johan Myburg gesels oor nuwe internasionale romans, en die veertigste Asterix-boek wat vanjaar verskyn. Hy kyk ook watter skrywers 100 jaar gelede in die nuus was. As jy vanjaar wil erns maak van jou eie roman, maak seker jy luister na Ilse se onderhoud met ouduitgewer en bekroonde skrywer Frederik de Jager oor die skryfskole wat hy saam met ander bekroonde skrywers aanbied.


Skrywers en boeke 28 Desember 2022

28 Desember 2022

Ilse Salzwedel gesels met narratiewe terapeut Therese Hulme oor haar boek, PRAAT JY, wat handel oor die terapeutiese waarde van skryf vir kinders. Die belangrikheid van lees word ook bespreek. Joanie Combrinck, regisseur van AMPIE, RSG se middagvervolgverhaal, vertel hoekom sy dink die verhaal is steeds relevant. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname uit 1958 wat interessante agtergrond gee oor Jochem van Bruggen en sy klassieke trilogie oor AMPIE. Johan Myburg bring hulde aan ‘n Duitse kinderboekskrywer wat onlangs oorlede is, vertel meer oor die Nobelpryswenner Annie Ernaux se aanvaardingstoespraak, en het ook nuus oor ‘n Netflix-reeks wat gebasseer is op Don DeLillo se roman WHITE NOISE.


Skrywers en boeke 21 Desember 2022

21 Desember 2022

Die wenner en naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2022, Annelie Ferreira (DIT HET ALLES BEGIN BY ‘n HOND) en Nerine Ahlers (DIE VERDWYNING VAN SEAMUS SMIT DEUR SEAMUS SMIT), gesels met Ilse Salzwedel oor hulle boeke en wat dit is wat kinders laat lees. Johan Myburg gesels oor vyf internasionale fiksieboeke wat vanjaar aandag getrek het, en jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met Cormac McCarthy, skrywer van THE PASSENGER, een van die vyf boeke.  Chris Thurman gesels oor TCC Press, ‘n afdeling van die Tsikinya-Chaka-skryfsentrum aan Wits, se nuwe Afrikaanse vertalings van Shakespeare.


Skrywers en boeke 14 Desember 2022

14 Desember 2022

Ilse Salzwedel gesels met Cliffordene Norton oor haar debuutjeugroman. OM JOU TE KEN. Deidre Jantjies vertel vir Suzette Kotze wat die inspirasie was agter haar kinderboek, STORIES IN DIE WIND. Deborah Steinmair, boekeredakteur van die Vrye Weekblad gesels oor ‘n klompie van haar gunstelingboeke van 2022. Johan Myburg gesels oor boeke vir jong volwassenes wat internasionaal aanbeveel word, en vertel van die 12 skrywers wat aangewys is as 2022 se skrywers vir die Britse Royal Society of Literature se RSL 200-lys.


Skrywers en boeke 7 Desember 2022

7 Desember 2022

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, en Deborah Steinmair, boekeredakteur van die VRYE WEEKBLAD, gesels oor ‘n klompie van hulle gunstelingboeke van 2022. Johan Myburg gesels oor boeke vir jong volwassenes wat internasionaal aanbeveel word, en vertel van die 12 skrywers wat aangewys is as 2022 se skrywers vir die Britse Royal Society of Literature se RSL 200-lys. Hy bespreek ook die sterk uitsprake oor sensuur wat die Nigeries-Amerikaanse skrywer, Chimamanda Ngozi Adichie, tydens die Reith-lesing op BBC Radio gemaak het.


Skrywers en boeke 30 November 2022

30 November 2022

Wonder jy watter boeke jy vir die lesers in jou lewe moet koop? Ilse Salzwedel se gaste het ‘n hele klomp voorstelle. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor haar gunsteling Afrikaanse romans vir 2022 en skrywer en oud-uitgewer Kerneels Breytenbach vertel van die vyf boeke bo-aan die afgelope jaar se leeslysie. Johan Myburg gesels oor tien van die boeke op TIME se lys van 100 beste boeke vir vanjaar,  en jy kan ook meer uitvind oor die boeke wat die afgelope 125 jaar die meeste uitgeneem is by die Brooklyn-biblioteek in New York.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: