06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Taaldinge 3 Desember 2023

3 Desember 2023

Die Afrikaanse Taalraad het met ‘n unieke projek in Macassar in die Wes-Kaap begin om Afrikaanse onderwys, en die belang van moedertaalonderwys en meertaligheid te beklemtoon. Dr Conrad Steenkamp en Ria Olivier van die ATR en Dr. Charles Flaendorp van die VGK -gemeente in die dorp vertel vir Ina Strydom hiervan.


Taaldinge 26 November 2023

26 November 2023

‘n Paar taalnavrae word beantwoord deur Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT, soos die herkoms van die woorde ban en nerd.  Die ambassadeur van die Festival voor het Afrikaans, wat die naweek in Den Haag plaasvind, Frazer Barry, vertel vir Ina Strydom meer van dié fees.


Taaldinge 19 November 2023

19 November 2023

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk het onlangs ‘n beraad gehou oor die stand van Afrikaanse onderwys, waar hulle op bepaalde fokusgebiede besluit het. Die bestuurshoof van die AON, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die fokusgebiede is, en wat die pad vorentoe is.


Taaldinge 12 November 2023

12 November 2023

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat is goeie Afrikaans vir hardeware en sagteware van ‘n rekenaar? Wat is ‘n ewenaarsvoor? Waar kom die woord bykans vandaan? Hoekom is dit verkeerd om te sê “die wedstryd was gespeel”?  Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee.


Taaldinge 5 November 2023

5 November 2023

Waarom word Hamas uitgespreek as “Ghamas” al word dit met ‘n h gespel?  En plaaslik word Radebe uitgespreek as Ghadebe.  Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel vir Ina Strydom wat alles ‘n rol speel by die uitspraak van woorde en name in vreemde tale.


Taaldinge 29 Oktober 2023

29 Oktober 2023

Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel vir Ina Strydom van die verband tussen armoede en onderwys, en watter rol Afrikaans het om te speel, n.a.v. die Hertzoggedenklesing wat hy onlangs gelewer het by die SAAWK.


Taaldinge 22 Oktober 2023

22 Oktober 2023

Die internasionaal-gerekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, vertel vir Ina Strydom waar Internasionale Woordeboekdag vandaan kom, wat op 16 Oktober gevier is.  Hy vertel ook wat die jongste ontwikkelinge op die gebied van woordeboekmaak is, en hoe kunsmatige intelligensie die toekoms van die vakgebied sal raak.


Taaldinge 15 Oktober 2023

15 Oktober 2023

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die WAT beantwoord luisteraarsvrae.


Taaldinge 8 Oktober 2023

8 Oktober 2023

‘n Taalpraktisyn van Akademia, Sarita Blignaut, vertel vir Ina Strydom meer oor die tema van vanjaar se Vertaaldag, en wat dit in die praktyk beteken. Sy vertel ook van die vertaalproses, en wat die toekoms vir vertalers inhou teen die agtergrond van die ontwikkeling van Kunsmatige Intelligensie.


Taaldinge 1 Oktober 2023

1 Oktober 2023

Skoolkinders se gebrekkige leesvermoë het verreikende gevolge, want volgens ‘n PIRLS-verslag kan slegs 19% van leeringe in Graad 4 met begrip lees.  Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir  Ina Strydom wat ouers en opvoeders kan doen om kinders se leesbegrip te verbeter.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: