16:00 - 17:00

Spesiale uitsending

Met Flip Loots

Nou op die lug: 17:00 - 18:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Jacqui January

Volgende: 17:00 - 18:00

Dis gospel

Met Jacqui January

19:00 - 19:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Vers en Klank 23 Januarie 2024

23 Januarie 2024

Voorleser Johann Nel neem ons op ’n reis terug na die oertyd van die aarde. Jy kan uitsien na gedigte oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels deur, onder andere,  Antjie Krog, Cas Vos, Johann Lodewyk Marais en Ina Rousseau.


Vers en klank 16 Januarie 2024

16 Januarie 2024

Op Vers en Klank gesels Sophia van Taak met die bekende reisjoernalis en fotograaf Toast Coetzer oor “spoken word”, of dan nou soos ons dit in Afrikaans noem: die gesproke-woord-digkuns. Toast skryf al vir dekades lank hierdie soort gedigte en dit dien ook as lirieke vir die musiek wat hy al op verskeie albums saam met sy groep, The Buckfever Underground, opneem het.


Vers en klank 9 Januarie 2024

9 Januarie 2024

Ons vier die heerlike somerdae deur na gedigte oor die son te luister. Die voorler is Nicole Holm.


Vers en klank 2 Januarie 2024

2 Januarie 2024

Hier vroeg in 2024 luister ons op Vers en Klank na gedigte wat netsowel as nuwejaarsvoornemens of leuses vir die lewe kan dien. Die voorleser is Susanne Beyers.


Vers en klank 26 Desember 2023

26 Desember 2023

Op hierdie heerlike somersdae – en terwyl ons nog vakansie hou en maar mág lui wees – is stoepsit een van die lekkerste dinge om te doen. Skakel gerus in vir Daneel van der Walt se voorlesings oor dié heilsame tydverdryf.


Vers en klank 25 Desember 2023

25 Desember 2023

In hierdie spesiale Kersdag-uitsending van Vers en Klank luister ons na gedigte deur NP van Wyk Louw, Lina Spies, Antjie Krog, Carma Shaw, Fanie Olivier, Uys Krige, Rien Joubert en Ewerwyn Wessels. Die voorlesers is Johann Nel en Nicole Holm.


Vers en klank 19 Desember 2023

19 Desember 2023

Indien jy een van die bittereinders is wat steeds hierdie week werk, dan is hierdie week se Vers en Klank net vir jou bedoel! Skakel gerus in vir Waldemar Schultz se voorlesing van gedigte oor werk.


Vers en klank 12 Desember 2023

12 Desember 2023

Uit simpatie met diegene wat nog nie op vakansie is nie, lees Waldemar Schultz op Vers en Klank gedigte voor oor werk, beroepe – allerlei dinge wat mense doen om die pot aan die kook te hou.


Vers en klank 5 Desember 2023

5 Desember 2023

Op Vers en Klank luister ons die tweede program van gedigte oor gedagtes oor God. Dié keer lees Daneel van der Walt voor uit die werk van NP van Wyk Louw en Sheila Cussons.


Vers en klank 28 November 2023

28 November 2023

Wonder jy ooit oor God? Oor die bestaan van ’n godheid? Ons digters het heelwat oor dié tema te sê gehad. Die voorleser Daneel van der Walt.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: