15:05 - 15:20

Middagvervolgverhaal

Nou op die lug: 15:20 - 18:00

Spitstyd

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Alle Programme | Boekvoorlesing
boekvoorlesing

Boekvoorlesing

Maandag tot Vrydag19:05 - 19:15

Voorlesing van ‘n roman met die komplimente van die skrywer en die uitgewer.

Esther se kontrasterende Kersmaal (Vuurwarm tamaties & yskoue jogurt)
4 Desember 2021
Wenke vir in en om die huis en kombuis - Vir meer substansiële plaatkoekies, vervang 'n derde van die deeg se vloeistof (melk/water) met jogurt.
- Vir bloubessie-plaatkoekies met ewe veel bessies in elke koekie – bak die plaatkoekies aan die een kant - sit drie/vier bloubessies in elke plaatkoekie voor jy dit omdraai. Draai dan om en bak vir net so 10 sekondes met die bloubessies aan die onderkant sodat dit lekker ‘ingebak’ is.
Pynappel-roomystert
27 November 2021
Lochie se ma se pennekaas-perfeksie
20 November 2021
Wenke vir in en om die huis en kombuis Gebruik anchovis i.p.v. roosmaryn wanneer jy ‘n skaapboud geur. Dit sal dit nie ‘n visgeur gee nie. Lochie sê dis ‘n geur soos niks anders wat jy ken nie. As daar witwyn oorbly waarmee jy later wil kook, gooi n bietjie olie op die oppervlak om te keer dat dit suur word. Plaas gevriesde druiwekorrels in witwyn om dit koud te hou, sonder om dit te verdun.
Tommie se hoender met houding (en appelsous)
13 November 2021
As jy nog nie ‘n hoender-sitter het nie moet jy ‘n plan maak om een aan te skaf, want dit help met die geur, wat gewoonlik net in die hoender se vel intrek, om ook die wit vleis te bereik. Dit gee die hoender karakter – jy kan hom op enige manier laat sit! Tommie maak seker sy hoender se beentjies is ewe kuis aanmekaar gebind (anders brand dit op die braai), so uiteindelik het jy ‘n deftige hoender wat kruisbeen op jou braai poseer!
Burger se Begeerlike Boere-nachos
6 November 2021
Genoeg vir twee Hierdie resep is nachos op steroids! Nachos is 'n Mexikaanse streeksgereg uit Noord-Mexiko wat bestaan uit verhitte tortilla-skyfies wat met gesmelte kaas bedek word, en bedien word as 'n peuselhappie of voorgereg. Kobus Burger het dit onder hande geneem en dit omskep in ‘n weergawe wat jy as ‘n hoofgereg kan geniet. Om die waarheid te sê, as jy hierna nog honger is, gaan niks jou ooit vol kry nie!
Wenke vir in en om die huis en kombuis Maak die braairooster skoon met ‘n afgeskilde uit wat jy in twee sny - geen seep en water en ‘n skropborsel nodig nie. Sit die rooster oor die vlamme dat die vet bietjie smelt en sag word. Vat die ui met die knyptang vas en vee net oor die rooster.
Tommie se bielie van ‘n boerewors-quiche
30 Oktober 2021
Wenke vir in en om die huis en kombuis
- Wanneer jy vark voorberei en jy wil die velletjie lekker bros hê (soos ‘n kaiing), haal die vark ‘n halfuur voordat dit klaar gebak is uit die oond. Verf wit asyn oor die velletjie en plaas dit terug in die oond. - Plaas sand in jou braai se ‘drip tray’ sodat die vet in die sand drup terwyl jy braai – dit sal dit aansienlik makliker maak om na die tyd skoon te maak.
- Spuit kleefwerende sproei aan die binnekant van jou braaier voor jy jou braai begin pak – dit sal dit makliker maak om skoon te maak – jy vee eenvoudig net die braai met ‘n lappie uit voor die volgende braai.
Spaghetti kerriehoender
2 Oktober 2021
4 - 6 porsies Hierdie dis het ek jare gelede by ‘n groot familiebyeenkoms geëet, en sedertdien maak ek dit gereeld. Wenke Die meeste van ons is werkende mense wat ‘n besige lewe lei. Die sous kan jy vooraf maak en vries, so ook die hoenderporsies wat jy eers gaar braai en eenkant vries. As jy doeksagte hoender wil hê, meng die hoenderporsies met 1 liggies geklitse eierwit en marineer vir 30 minute. Gebruik soos nodig.
Allan se kunswerk op koeskoes
25 September 2021
Hierdie resep is vir ‘n enkelmaaltyd, of vir twee en selfs meer mense. Dit werk as hoofgereg, maar selfs beter as voorgereg.
Ouma Mabel se lamsosaties
18 September 2021
Niekie se kanniedood-kerriehoender
11 September 2021
Wenke vir in en om die huis en kombuis Meng ‘n ¼ koppie wit asyn in 'n spuitbottel met 2½ koppies water en ½ teelepel skottelgoedseep. Die kombinasie van skottelgoedseep en asyn as algemene skoonmaakmiddel is uiters doeltreffend, want asyn op sy eie sal van die meeste oppervlaktes afloop, terwyl skottelgoedseep te dik is om as spuitmiddel te gebruik. As jy dit meng, kry jy 'n spuitbare skoonmaakmiddel wat aan enige oppervlak (bv. vensters, spieëls) sal vasklou! NIEKIE SE BELANGRIKSTE WENK: Leer jou stoofplate ken om te keer dat kos aanbrand. Veral die ou soliede stoofplate behou hitte goed, so jy kan dit afdraai na 'n laer hitte sodra dit warm genoeg is, of jou kos kookpunt bereik het.
Laurie se bielie van ‘n bief stroganoff
4 September 2021
Genoeg vir 4 mense. Gebruik ‘n skottelbraai of ‘n wok van gietyser / vlekvrye staal Wenke vir in en om die huis en kombuis Soms, net soms, bly daar ‘n bietjie sjampanje of vonkelwyn oor na ‘n partytjie. Om te keer dat die drankie sy vonkel verloor, plaas ‘n teelepel se steel in die bottel en bêre met die teelepel so in die bek van die bottel/ “Hulle” sê die teelepel sal help om die vonkel te behou, maar Laurie sê hulle kon dit nog nie toets nie, want daar het nog nooit sjampanje of vonkelwyn oorgebly na ‘n viering nie!
Broccoli, aartappel en bloukaassop
28 Augustus 2021
Genoeg vir 4, maar ek maak gewoonlik dubbeld, want almal soek altyd nog ‘n bietjie. Die sop vries baie goed, maar moenie vries nadat room bygevoeg is nie - m.a.w. vries dit ná stap 5.
Noleen se potpoeding vir smulpape
21 Augustus 2021
6 porsies Wenke vir in en om die huis en kombuis
  • Plaas rou eiers in die die karton in die koudste deel agter in die yskas, eerder as in die deur van yskas.
  • Maak hardgekookte eiers deeglik droog en verkoel binne 2 uur.
  • Moet liefs nie hardgekookte eiers vries nie. Eiergele (rou of gaar) kan wel gevries word.
  • Bêre sitrusvrugte wat gou sleg word in 'n eierkartondoos in die yskas. Dit sal die vrugte langer vars hou.
LekkerBekker se watertand tamatiebredie
14 Augustus 2021
Wenke vir in en om die huis en kombuis - Prik gaatjies in aartappels met 'n tandestokkie wanneer jy dit in 'n dis gebruik - die aartappel neem dan meer geur op. - Sprinkel suurlemoensap oor vleis voor jy dit kook of braai - dit maak die vleis lekker sag.
Cobus se snert(sop)
31 Julie 2021
Bester se bonesop
31 Julie 2021
Danna se Wass-Special
24 Julie 2021
Wenke vir in en om die huis en kombuis As jy te veel sout in die kos gesit het, sny 'n aartappel in twee dele en voeg dit by die kos terwyl jy kook. Die aartappel sal die oortollige sout opslurp. Haal die aartappel uit na 'n halfuur.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: