Kook die aartappels met die skil aan in ‘n pot ligte soutwater tot amper gaar.
Dreineer en laat dit effens afkoel.
Sny elke repie spek in die helfte.
Smeer die repies aan die een kant met blatjang, persto of mosterd.
Draai ‘n die repies met die gesmeerde kant na binne om elke aartappel.
Druk die sosatiestokkies deur die aartappels waar die spek se punte bymekaar kom.
Ryg 4 tot 5 aartappels op elke stokkie.
Pak die soasties op ‘n toeklaprooster, verf met olyfolie en geur met sout en peper.
Braai oor ‘n matige hitte tot die spek bros en goudbruin is.
Trek die stokkies uit en sit die aartappels warm voor as bykos.