Bron: My Vegetarian Braai
5 eetlepels olyfolie
1 ui, opgesny
2 eetlepels vars gemmer, gerasper
2 eetlepels matige kerriepoeier
1 eetlepel garam masala
1 knoffelhuisie, opgesny
¼ koppie gesnyde wortels
¼ koppie gesnyde preie
2 medium eiervrug, opgesny in blokke
600 g ryp tamaties, opgesny
sout
vars koljander
Plaas ‘n pan op die braairooster oor matige kole.
Voeg die olie by en verhit.
Voeg die uie by met die gemmer, kerriepoeier en garam masala.
Braai dit vir 3 tot 4 minute tot die ui deurskynend is.
Voeg die knoffel, wortels en preie by.
Roer die eiervrug by en kook vir 4 tot 6 minute.
Voeg die tamaties by, plaas ‘n deksel op die pan, en kook vir 20 minute.
Voeg die sout by en roer deur.
Sprinkel vars koljander bo-oor en bedien met basmati-rys of knoffel-naanbrood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za