Bron: My Vegetarian Braai
4 bababeet
olyfolie
4 takkies vars roosmaryn
6 saadbroodrolletjies
1 blok bokmelkkaas, in wiele gesny
½ koppie gekapte okkerneute
1 koppie roketblare
Vir die lensieburgers
1 blikkie (400 g) lensies, gedreineer en afgespoel
½ blikkie (200 g) swartbone, gedreineer en afgespoel
1 koppie broodkrummels
½ koppie vars opgekapte pietersielie
1 eier
1 huisie knoffie, opgesny
½ koppie fyn opgesnyde Peppadews
sout en varsgemaalde peper
Smeer die olyfolie oor die bababeet, en vou dit toe in foelie met die roosmaryn.
Plaas dit oor medium hitte kole, en kook vir 20 tot 30 minute tot gaar. Draai dit gereeld om sodat dit nie brand nie.
Meng al die lensieburgerbestanddele en vorm dit in ses burgerfrikadelle.
Verhit olie in ‘n pan oor mediumhitte kole en braai die lensieburgers aan albei kante totdat dit gaar is.
Sny die beet in wiele.
Bou die burgers met die bokmelkkaas, lensieburger, beet, okkerneute en vars roket.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za