Kruie
2 teelepels swart peper korrels
1 teelepel oreganum
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel komyn
1 teelepel neutmuskaat
1 teelepel borrie
1 teelepel rooipeper (of meer vir ekstra skop)
½ teelepel gemmer
2 teelepels paprika
1 teelepel koljander
3 teelepels gedroogte brandrissie
1 eetlepel growwe sout
Potjie
2 uie, fyn opgesny
1,2 kg lamsvleis
1 koppie witwyn
1 blikkie klapperroom
3 patats, opgesny
½ botterskorsie, opgesny
1 pak babamurgpampoentjies, opgesny
1 pak knopiesampioene
1 pak bruin sampioene, opgesny
Kruie
Gebruik ‘n stamper en vysel, en maak al die kruie fyn en meng goed.
Voeg dit ‘n pan en maak dit warm totdat dit ‘n donkerder kleur en sterker geur het.
Roer dit gereeld, sodat die kruie nie brand nie.
Potjie
Braai die uie in die potjie.
Verwyder die uie uit die pot, en hou eekant.
Meng die vleis en die kruiemengsel, en braai dit in ‘n warm pot tot bruin.
Voeg die wyn en klapperroom by, en laat dit kook vir 1 uur.
Van hier af moet die potjie nie geroer word nie, net lae bygevoeg word.
Hou die pot op mediumhitte –Â dit moenie borrel in die pot nie.
Voeg die patats by, 2 ure later.
Voeg die botterskorsie by, ‘n halfuur later.
Voeg die murgpampoentjies by, ‘n halfuur later.
Voeg die sampioene en gebraaide uie by, ‘n halfuur voor etenstyd.
Bedien met stampmielies.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za