Hierdie resep is vir ‘n enkelmaaltyd, of vir twee en selfs meer mense. Dit werk as hoofgereg, maar selfs beter as voorgereg.
Hierdie resep is vir ‘n enkelmaaltyd, of vir twee en selfs meer mense. Dit werk as hoofgereg, maar selfs beter as voorgereg.
Koeskoes
1 koppie pêrel-koeskoes
2 koppies kookwater
sout na smaak
Biefstuksnysels
beenlose biefstuk van jou keuse, gesny in skywe van 1 cm dik en sowat 5 – 6 cm lank
1 knoffelhuise, fyngedruk
4 – 5 eetlepels olyfolie
growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Gekarameliseerde uie
2 – 3 uie (hoeveelhede hang af van hoeveel jy wil maak – bv. 3 medium uie maak 1 koppie gekarameliseerde uie
2 eetlepels botter
2 eetlepels olyfolie
knypie growwe sout, of kleiner knypie fyn sout
2 teelepels bruinsuiker
1 eetlepel balsamiese asyn
Garnering
komkommer
kersietamaties
aarbeie
papaja
Laaste maar nie die minste nie – ‘n glas wyn, want dis ‘n mooi bord kos en mens moet dit salig geniet.
Plaas die genyde vleis in ‘n plat mengbak, en vryf die knoffel, sout en swartpeper in met 2 eetlepels van die olyfolie.
Plaas dit eenkant om te marineer tot die uie klaar is.
Sny die uie in twee halfmane en dan in lang repe – nie gekapte blokkies nie. Moenie repe te dik sny nie, dan karameliseer dit nie maklik nie.
Gebruik ‘n swaarboompot op ‘n warm kookplaat.
Voeg die botter en olyfolie by en daarna die ui met ‘n bietjie sout.
Die uie moet stadig gaar word en moet so nou en dan geroer word. Moenie haastig wees nie. (As die uie gedurende die kookproses brand of droog raak, voeg ‘n klein bietjie water by. Onthou ook dat mens die gekaramaliseerde uie kan bêre in ‘n lugdig houer in die yskas vir latere gebruik.)
Wanneer die uie ’n ryk bronskleur het, voeg die suiker by, en roer so nou en dan vir nog ‘n paar minute.
Voeg die balsamiese asyn by en roer goed deur.
Hou dit eenkant, maar hou dit warm.
Kook 2 koppies water in ‘n kastrol en voeg die koeskoes by.
Kook vir 10 – 15 minute en voeg sout by na smaak.
Dreineer en hou warm.
Maak die res van die olyfolie warm ‘n platboom-ysterpot.
Verlaag die hitte effens en voeg die biefstuk by.
Maak dit gaar tot medium.
Sny die komkommer in dun skywe, halveer die kersietamaties en die aarbeie, en sny die papaja in eetbare blokkies.
Versier die bord se rand hiermee.
Skep en sprei ‘n bed van die koeskoes in die bord.
Skep die gaar biefstuksnysels daarop, en bedek mildelik met die gekarameliseerde uie.
Dit word omring deur die komkommer, aarbeie, papaja en tamaties.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za