Suurlemoen en knoffel marinade vir lamtjops
4 – 6 lamtjops
sap van een suurlemoen
3 eetlepels goeie olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn gerasper
½ teelepel sout
½ teelepel swartpeper
Tandoori-lamtjops
4 – 6 lamtjops
1 koppie joghurt
1 – 2 eetlepels masala / kerriepoeier (hang af hoe sterk jy dit wil hê)
1 teelepel vars gemmer, gerasper
½ teelepel vars knoffel, gerasper
½ teelepel sout
½ teelepel swartpeper
Sosatie-lamtjops
4 – 6 lamtjops
1 koppie water
2 eetlepels suiker
2 eetlepels kerriepoeier (ek hou daarvan sterker)
1 teelepel sout
1 teelepel borrie
2 eetlepels appelkooskonfyt
1¾ koppie asyn
2 teelepels mielieblom, gemeng tot ’n pasta met water
Suurlemoen en knoffel marinade vir lamtjops
Meng al die bestanddele en marineer die tjops daarin vir minstens twee ure.
Braai die tjops oor mediumwarm kole, en bedruip dit deurentyd met die marinade.
Tandoori-lamtjops
Meng al die bestanddele en marineer die tjops daarin vir minstens twee ure.
Braai die tjops oor mediumwarm kole, en bedruip dit deurentyd met die marinade.
Sosatie-lamtjops
Meng al die bestanddele, behalwe die asyn en mielieblom, in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
Kook vir 5 minute.
Voeg die asyn by en laat dit afkoel.
Voeg dit oor die tjops, en laat dit daarin marineer vir minstens 1 tot 2 dae. (Behou 'n bietjie van die sous vir opdiening)
Braai die tjops oor mediumwarm kole, en bedruip dit deurentyd met die marinade.
Voeg die mielieblom by die sous wat behou is, vir 'n paar minute en bedien saam met die tjops.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za