Meng die room, melk en gesmelte botter, en verhit. (Dit moet genoeg wees om die aartappels te bedek aan alle kante. Hier kan jy kies hoe gesond die resep moet wees. Ek het dit al met net room gemaak vir bederf)
Voeg die peper, sout, kruie en neutmuskaat by die warm melkmengsel. (Dit moet bietjie te sout smaak, want jy gaan nie sout op die aartappel gooi nie)
Die mengsel moet nooit kook nie, net stomerig warm word sodat al die geure kan uitkom.
Skil die aartappels, en sny dit in baie dun skywe – 1 mm breed.
Plaas die aartappels laag vir laag op handdoekrol, met handdoekrol tussen die lae – so haal jy die aartappel se natuurlike vloeistof uit anders suig dit die melkmengsel op.
Voeg ‘n lagie melksous in die bak, met ‘n laag aartappel bo-op.
Herhaal dit laag vir laag tot jy eindig met ‘n laag melk.
Die aartappels moet soos legkaartstukkies inmekaar pas – daar moet nie oop spasies wees nie.
Druk die aartappels teen die laaste 2 of 3 lae bietjie plat sodat die melk opstyg – daar moet nie te veel sous tussen die aartappels wees nie.
Bak teen 180 grade vir sowat 25 minute.
Haal dit uit, en strooi ‘n dun laag fyngerasperde harde kaas, soos parmesan, bo-oor alles.
Plaas dit terug in die oond vir sowat 15 tot 20 minute, of tot die aartappels sag is en die kaas effens krakerig is.
Haal uit, en laat dit rus voor opdiening – die indrukwekkendste van die dis is hoe dit lyk wanneer jy dit sny – fyn lagies in ‘n toring.
As jy te veel sous ingesit het sal die gedoente pap wees en omval.
As jy te min sous het, is dit droog.