8 – 10 hoenderdye, been in en vel aan
uiepoeier
knoffelpoeier
gedroogte pietersielievlokkies
Italiaanse speserye
paprika
sout, soos verkies
peper, soos verkies
3 – 5 eetlepels mayonnaise
3 – 5 eetlepels tamatiesous
3 – 5 eetlepels braaisous
Metode
Verhit die oond tot 180/190 grade Celsius.
Sprinkel die speserye oor die dye – maak seker al die kante is daarmee bedek.
Meng die mayonnaise, tamatiesous en braaisous, en smeer dit bo-oor die dye sodat dit heeltemal bedek is.
Bak die hoender onbedek vir 90 minute in die oond.
Bedien met basmatirys en groenslaai.