6 beesskenkelskywe
3 eetlepels olie
1 groot ui, fyngekap
1 koppie rooiwyn
1 koppie beesaftreksel
1 teelepel droë pietersielie
1 teelepel droë tiemie
1 koppie vars groenbone, gekerf
1 x 400 g blik botterbone
1 x 400 g blik nierbone
1 x 410 g blik geskilde en gekapte tamaties
sout en varsgemaalde swartpeper
1 eetlepel bruinsuiker
1 teelepel mosterdpoeier
Vir garnering
Dwergtamaties, in kwarte gesny
vars gekapte pietersielie
Maak ‘n paar snytjies in die randjies van die skenkelskywe sodat die vleis nie omkrul wanneer jy dit in die olie verbruin nie.
Verhit die olie in ‘n swaarboompot en verbruin die vleis in sarsies daarin.
Sit al die vleis terug in die pot en voeg die ui by.
Braai saam totdat die ui sag en deurskynend is.
Bedek die pot en laat stowe vir ongeveer 20 minute totdat die vleis sy eie lekker bruin sous begin vorm.
Voeg bietjie van die wyn by indien dit lyk asof die pot gaan aanbrand.
Voeg die res van die koppie wyn en die aftreksel by en roer goed om al die stukkies wat aan die pot vas sit, los te kry en goed te meng met die uie-en-vleismengsel.
Geur met die pietersielie en tiemie, bedek die pot, verlaag die hitte en laat liggies prut vir ongeveer 2 – 2½ uur of totdat die vleis sag is.
Spoel die bone goed af, dreineer en voeg by.
Voeg die tamaties en groenbone by, geur met sout en peper en roer die bruinsuiker en mosterdpoeier by.
Bedek die pot en laat liggies prut vir nog ‘n halfuur.
As dit lyk asof jou bredie se souserigheid ‘n bietjie lyf kort, kan jy een eetlepel sagte botter met een eetlepel koekmeel tot ‘n pasta meng en byroer.
Skep op in ‘n mooi opdienbak en graneer met die tamatiekwartjies en vars gekapte pietersielie.
Bedien met ‘n lekker witrys en gestoomde groente of slaai.
Dis ook heerlik saam met stampmielies of kapokaartappels.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za