1,5 kg varklende (pork belly) – vra die slagter om die vel in ‘n diamantpatroon te sny
20 g vinkelsaad
knippie seesout
100 ml olyfolie
2 groot geelwortels
2 selederystokke
1 knoffelbol
2 uie, geskil
handvol vars tiemie
1 bottel geurige witwyn
75 g koekmeel
Verhit die oond tot op sy heel warmste.
Stamp intussen die vinkel en knippie seesout tot poeier met ‘n stamper in ‘n vysel.
Giet die olie oor die varkvel en strooi die vinkelpoeier oor en vryf dit deeglik in, ook tussen die snye.
Kap die wortels en seldery in groot stukke, en bedek die bodem van die oondpan daarmee.
Breek die knoffel in stukke sonder om die huisies se velletjies af te trek, en voeg by.
Sny die geskilde uie in skywe en voeg by, saam met die tiemie.
Plaas die varkvleis bo-op die groente – die vleis moet nie aan die bodem van die pan raak nie.
Bak dit vir 15 minute tot die vel borrel en mooi goudbruin is.
Verlaag die hitte tot 170 grade Celsius, en bak vir 1 uur en 30 minute.
Maak die oond oop en giet ¾ van die bottel wyn in die pan – pasop vir die stoom en vir spat.
Bak vir nog ‘n uur.
Toets met twee vurke of die vleis maklik uitmekaar getrek kan word – indien nie, bak effens langer.
Wanneer die vleis gaar is, plaas dit eenkant en laat dit rus.
Plaas die oondpan op twee medium-warm stoofplate.
Voeg die koekmeel by en roer totdat die mengsel lekker dik is.
Kook dit vir sowat 2 minute en voeg die res van die wyn by.
Maak alles fyn met ‘n aartappeldrukker – kook dit vir ‘n paar minute – voeg sout en peper na smaak by en bedien dit in ‘n sousbeker.
Trek die bros vel van die varkvleis af, en breek in stukke om te geniet saam met die vleis.
Trek die vleis met twee vurke uitmekaar.
Bedien met die sous en groente van jou keuse.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za