500 g suikerbone (red speckled sugar beans), geweek in water vir drie ure
1 kg gerookte varkskenkel (eisbein)
1 gerookte varkrib, in 1 sentimeter blokkies gesny
4Â groot uie, in dik stukke gesny (halveer die ui en deel dan elke helfte in vier)
2 sakkies biefekstrak (beef stock)
180 ml goeie rooiwyn
100 g tamatiepasta
1 pakkie beesstertsoppoeier
3 eetlepels Worcestersous
3 eetlepels sojasous
1 teelepel cayennepeper, of gedroogte brandrissie (opsioneel)
10 swartpeperkorrels
Plaas die vleis en die uie in ‘n drukkoker met ‘n halwe koppie water, en kook (met deksel op) op hoë hitte vir 40 minute.
Gooi die bone, water en al, by die vleis, en voeg nog ‘n liter water by.
Seël die pot weer en kook op mediumhitte vir ‘n uur.
Meng al die ander bestanddele in ‘n bak met ‘n koppie kookwater.
Voeg dit na ‘n uur by die res van die sop, meng deeglik en prut vir nog 40 minute met die deksel los op die pot.
Bedien met brosgebakte brood – ek verkies ciabatta of suurdeegbrood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za