500 g Boerewors, sappig gebraai en opgesny in vingerlengtes
Chakalaka
4 eetlepels botter
5 groot tamaties, geskil en in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, saad uitgehaal en in blokkies gesny
1 groen soetrissie, saad uitgehaal en in blokkies gesny
3 groot wortels, geskil en gerasper
2 rooi rissies, saad uitgehaal en fyn opgesny
1 teelepel gerookte paprika
1 teelepel Cayennepeper
1 teelepel masalapoeier
1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 eetlepels druiweasyn
2 teelepels bruinsuiker
sout en peper na smaak
1 blikkie cannellinibone
Smelt die botter in‘n swaarboompan oor die kole.
Voeg al die bestanddele, behalwe die bone, in die pan en kook stadig vir 15 minute. Roer so nou en dan goed deur.
Voeg die bone by, en kook’n verdere 15 minute.
Skep lepelsvol van die chakalaka oor die boerewors, en bedien saam met ‘n bitterblaarslaai of vars koljander.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za