Jy kan enige witbrood van jou keuse hiervoor gebruik. Ek hou van ‘n heel ciabatta, wat ek in die lengte oopvlek.
Jy kan enige witbrood van jou keuse hiervoor gebruik. Ek hou van ‘n heel ciabatta, wat ek in die lengte oopvlek.
brood
ongegeurde roomkaas
basiliekruidpesto
tamaties
sout en peper
basiliekruidblare
kaas (Gruyere, Brie of beleë Cheddar)
botter
Smeer die brood met ‘n lagie ongegeurde roomkaas, gevolg deur ‘n lagie basiliekruidpesto.
Pak skywe rooiryp tamatie op die pesto, en geur mildelik met sout en peper.
Pak ‘n lagie basiliekruidblare op die tamatie, gevolg deur ‘n lekker dik laag geurige kaas van jou keuse.
Smeer sagte botter aan die buitekant van die brood, klap dit toe in ‘n rooster, en braai stadig oor ‘n lae hitte, terwyl dit gereeld gedraai word, tot die brood bros en die kaas smeltsag is.
Sny en sit warm voor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za