Sponskoek
appelkooskonfyt
amandelvlokkies, lig gerooster in ‘n pan vir 2 minute
muskadel
vla
room, geklits
maraschinokersies
Smeer die sponskoek met appelkooskonfyt, en sny dit in blokke.
Pak een laag op die bodem van ‘n glasbak.
Bedruip die koek en konfyt met muskadel – nie te veel sodat die koek pap word nie.
Strooi ‘n lagie amandelvlokkies oor die koek.
Giet ‘n laag vla bo-oor.
Herhaal hierdie lae soveel keer as wat daar spasie in die glasbak is.
Rond dit af met ‘n laag geklitste room.
Rangskik die maraschinokersies bo-op.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za