2 liter water
500 g droë ertjies (split peas), in water geweek vir twee ure
1 pak gerookte varkspek, in klein repies gesny
1 groot gerookte varkskenkel (eisbein)
Hollandse rookwors (of enige ander gerookte wors), in halfsentimeterstukke gesny
2 uie, in dik stukke gesny
3 wortels, in klein stukke gekerf
4 middelslag aartappels, in klein blokkies gekerf
2 preie, in wieletjies gekerf
sout en peper na smaak
1 glas soet sjerrie, muskadel of soortgelyks (opsioneel)
Voeg die die ertjies en al die vleis in ‘n drukkoker met 2 liter water op hoë hitte tot die deksel heeltemal geseël is.
Verlaag die hitte tot medium en laat dit vir ‘n uur kook.
Verwerk intussen al die groente, en voeg dit en die wyn na ‘n uur by.
As die sop te dik is na jou smaak, voeg nog water by.
Kook vir nog ‘n uur.
Haal die pot van die hitte af, en haal al die vleis uit en verwyder alle bene en stukkies been.
Sny die vleis in blokkies, voeg dit terug in die sop en roer deur.
Garneer die borde/bakkies sop met vars kruie soos pietersielie, kruisement of tiemie.
Bedien met vars brood met ‘n lekker bros kors.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za