2 stukke skaapafval
2 koppies water
1 koppie witwyn
sap van 3 groot suurlemoene
3 groot loerierblare
4 naeltjies
4 – 6 mediumgroote aartappels, geskil en opgesny
2 – 3 blokkies beesaftreksel (opsioneel)
1 groot varkbeen of 1 skaapnek, heel of opgesny
Plaas die afval in ‘n pot, en bedek dit met water.
Bring die water tot kookpunt.
Laat staan dit vir 10 min, en gooi die water dan af.
Die pot word in twee skofte gekook:
Eerste skof
Plaas die pot op die kole en kook vir 4 tot 6 ure.
As jy van vet lymerigheid hou, voeg een groot varkpoot of skaapnek by.
Haal pot van die vuur af en laat dit afkoel.
Tweede skof
Verwyder al die bene.
Indien dit droog gekook het, voeg nog wyn of water by.
Haal die afval, en sny of knip dit in eetgrootte blokkies.
Voeg die aartappels, sout en peper by.
Indien die pot “vaal” voorkom, kan jy 2 of 3 blokkies beesaftreksel byvoeg.
Worcestersous of kerrie kan ook as geure dien, indien jy verkies.
Plaas die pot terug op die kole en kook vir ongeveer 30 – 45 minute.
Bedien met rys, beet en growwebrood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za