olyfolie
5 knoffelhuisies, gekneus
1 groot ui, fyngekap
vars oreganum (gedroog sal ook werk)
vars pietersielie, grof gekap
paprika
peper
sout
500 g ryp tamaties, gekap (of 1 blik tamaties)
½ koppie witwyn of ouzo (opsioneel)
swart olywe, ontpit (opsioneel)
1 kg garnale, skoongemaak – die stertjies moet heel wees
300 g feta kaas, gekrummel
Verhit die oond tot 200 grade Celcius.
Soteer die knoffel en uie in ‘n diep pot in olyfolie.
Voeg die oreganum, pietersielie, paprika, peper, sout, tamaties, wyn en olywe by.
Roer terwyl dit vir ongeveer 5 minute kook.
Voeg die garnale en feta by.
Kook vir 3 minute – die feta moet nou gesmelt wees.
Plaas dit in ‘n oondbak.
Sprinkel ‘n bietjie paprika en oreganum bo-oor, en bak tot dit bruin bo-op is (5 – 8 minute, afhangend van jou oond) – dit moenie te loperig wees nie.
Dit word in individuele bakkies geskep, soos in die tavernas op die Griekse eilande.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za