2 pakkies koekies (enige soort, maar Romany Creams werk die beste)
500 ml dik, warm vla (nie die gekoopte winkelsoort nie – tuisgemaak werk die beste)
Vlaresep (deur Laura van Pretoria)
Bring 2 koppies volroom melk tot kookpunt.
Roer twee tot drie eetlepels vlapoeier glad met ‘n bietjie koue melk.
Voeg dit by melk.
Roer voordurend en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat dit prut totdat dit verdik het.
As jy dikker vla wil hê, voeg nog ‘n lepel vlapoeier by.