2.75 kg borsstuk
6 medium uie, in kwarte gesny
6 medium wortels, in wiggies gesny
4 groot selderystingels, opgekap
6 knoffeltoontjies
1 koppie rooiwyn
1 blikkie heel tamaties
1 klein blikkie tamatiepuree
4 takkies tiemie
4 lourierblare
4 eetlepels kookolie
sout en swartpeper
Verhit die oond tot 150 grade Celsius.
Verhit olie in ‘n groot pan.
Vryf vleis goed in met sout en peper, en verbruin dit aan beide kante – ongeveer 6 min per kant.
Haal die vleis uit die pan.
Verbruin die uie, wortels en knoffel.
Voeg die rooiwyn, tamaties en tamatiepuree by.
Plaas die vleis, sous, tiemie en lourierblare in ‘n oondbak met deksel, of seel die bak dig met foelie.
Bak dit vir ongeveer 4 ure.
Sny die vleis teen die grein in dun skywe, en laat dit in die sous rus vir ongeveer 30 minute.
Bedien met kappokaartappels.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za