1,5 kg beestong
3 eetlepels olyfolie
3 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel paprika
1 teelepel rissievlokkies
growwe sout en swartpeper
12 geblikte of vars pynappelringe
soetrissiesous
Vloeistofmengsel
1 liter bees- of groenteaftreksel
4 lourierblare
1 medium wortel, opgekap
1 ui, opgekap
1 selderystingel, opgekap
swartpeperkorrels
Bedek die tong met die vloeistofmengsel, en prut oor lae hitte vir ongeveer 90 minute tot sag.
Hou vloeistofvlak deurentyd dop.
Haal die tong uit die kastrol en laat dit afkoel.
Verwyder die bolaag, en sny in 10 cm skywe.
Plaas die skywe op ‘n rooster en braai ongeveer 5 min per kant.
Sprinkel olyfolie, suurlemoensap, paprika, rissieflokkies, sout en peper oor.
Braai die pynappelringe en bedruip met soetrissiesous.
Jy kan ‘n mosterdsous en/of ‘n soet-en-suur-rosynesous saam met die tong voorsit.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za