3 eetlepels olie
½ koppie botter
250 g rou vermicelli, kleiner gebreek
½ koppie sago
7 koppies water
7 koppies melk
1 blik kondensmelk
½ koppie sultanas
1 teelepel sout
5 kardemomsade
geroosterde amandels
kaneelsuiker om bo-oor te strooi
Verhit olie en botter saam oor ‘n lae hitte in ‘n groot kastrol.
Plaas intussen die sago in koue water vir 30 minute.
Voeg die gebreekte vermicelli in die olie-en-bottermengsel, en braai tot ligbruin.
Voeg die res van bestanddele by, behalwe die kaneelsuiker, amandels en sago.
Laat dit prut oor ‘n lae hitte vir ongeveer 30 minute.
Terwyl die mengsel prut, plaas die amandels in ‘n warm pan.
Skud die pan die hele tyd sodat die amandels bros word, maar nie brand nie.
Hou eenkant.
Dreineer die sago en voeg dit by die mengsel in die kastrol.
Prut vir 10 minute tot die vermicelli en sago sag en gaar is.
Sprinkel die amandels en kaneelsuiker bo-oor.
Rooswater en fyngerasperde suurlemoenskil is opsioneel.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za