3 medium botterskorsies, geskil en in skywe gesny
1 groot soet rooirissie, in repe gesny
2 x 410g blikkies ingelegde pere
2 x 410ml blikkies klappermelk
1 liter hoenderaftreksel
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn koljander
3 teelepels kerriepoeier
½ teelepel neutmuskaat
olyfolie
sout en swartpeper na smaak
1 koppie vars koljanderblare, gekap
1 koppie room
Plaas die botterskorsieskywe en soetrissierepe in ‘n oondbak.
Bedruip dit met olyfolie, en bak in oond vir 15 minute.
Voeg die kerrie, koljander, komyn en neutmuskaat by die hoenderaftreksel in ‘n kastrol, en verhit dit op die stoof.
Voeg die klappermelk by.
Voeg die botterskorsie, soetrissie en peerstukke (met stroop) by, en laat dit prut vir 15 minute.
Voeg sout en swartpeper by na smaak.
Plaas dit in ‘n voedselverwerker en meng tot redelik egalig.
Laat dit afkoel.
Bedien met die gekapte koljanderblare en room as garnering.
* Verpligte velde
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
SABC © 2020
SABC © 2020