8 hoenderporsies, met vel en been
1 blikkie appelkose met sous
1 blikkie tamatie-en-uie-mengsel
200 g amandelvlokkies
1 blikkie kekerertjies
2 pers uie, in kwarte gesny
4 knoffeltoontjies, opgekap
1 koppie hoenderaftreksel
½ koppie suurlemoensap
1 teelepel komyn
1 teelepel kooljanderpoeier
½ teelepel gerookte paprika
sout en peper na smaak
Maak ‘n marinade van al die bestanddele, en marineer die hoenderstukke oornag daarin.
Verhit die oond tot 120 grade, en plaas die hoender en die sous in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Bak stadig vir ongeveer 4 ure.
Haal die deksel af, en verbruin die hoender effens vir sowat 10 minute.
Bedien met koekoes.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za