6 eiers
1 koppie gekapte spinasie
½ koppie gekapte pietersielie
2 groot rooi soetrissies, in wiggies gesny
1 koppie gekapte persui
6 gekapte knoffeltoontjies
1 groot avokado, in dun snye
2 blikkies gekapte tamatie
1 koppie gekrummelde fetakaas
6 eetlepels olyfolie
½ teelepel rooipeper
1 teelepel gerookte paprika
1 teelepel komynpoeier
growwesout en swartpeper
Verhit olyfolie in platboomskottel.
Voeg die gekapte ui, soetrissie, knoffel, growwesout en swartpeper by, en braai die uie tot sag.
Verlaag die hitte en voeg die paprika, komyn en rooipeper by.
Roer goed.
Voeg die tamaties by, en prut vir sowat 15 minute tot die sous stewig en geurig is.
Voeg die gekapte spinasie by en roer stadig in.
Maak ses nessies in die sous – een vir elke eier – en breek die eiers versigtig in sy nessie in.
Plaas die deksel op en prut vir so 3 minute.
Haal die pan van die stoof af. (Onthou die eiers kook steeds verder in warm sous)
Sprinkel die pietersielie en feta bo-oor, en plaas avokadoskywe tussen in.
Bedien met ‘n dik sny vars brood (ciabata) met ‘n harde kors.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za