200g spek, in klein stukkies gesny
500 g droëbone (oornag geweek in water)
3 liter koue water
500 g beesskenkel, in blokkies gesny
1 ui, grof gekap
1 blokkie beesvleisaftreksel
2 ml neutmuskaat
125 ml fyngekapte vars pietersielie
sout en swartpeper na smaak
Kluitjies
8 snye witbrood, korsies verwyder
25 ml botter
15 ml fyngekapte vars pietersielie
3 eiers, geklits
1 koppie koekmeel
sout en swartpeper na smaak
Dreineer die bone.
Braai die spek in groot kastrol tot gaar.
Voeg die bone, skenkel en water by die spek.
Bedek, en prut tot die bone sag is.
Voeg die ui, neutmuskaat, aftreksel, pietersielie, sout en peper by.
Laat dit prut vir ongeveer 1 uur.
Kluitjies
Week die brood in ‘n bietjie sop, en druk fyn.
Voeg die botter, pietersielie, eiers, sout en peper by en meg goed.
Skep lepelsvol van die broodmengsel in die koekmeel sodat dit dit bedek.
Laat dit staan vir 10 min.
Druk die bone in die sop fyner, en skep die kluitjies bo-op.
Laat dit prut vir sowat 15 minute.
Skep die kluitjies uit.
Bedien die sop, en skep die kluitjies weer bo-op.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za